AFGRI
BEAN
27 Jan
-
8257,8
257,80
CORN
27 Jan
-
3811
95,00
SOYA
27 Jan
-
8080,2
192,20
SUNS
27 Jan
-
9010
77,00
WEAT
27 Jan
-
6000
12,00
WMAZ
27 Jan
-
3632,4
74,40
YMAZ
27 Jan
-
3775
54,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Hael veroorsaak groot skade aan koring

akkreditasie
Pitte van At Jordaan se belowende koring-oes is deur die hael afgeslaan. Foto: At Jordaan
Pitte van At Jordaan se belowende koring-oes is deur die hael afgeslaan. Foto: At Jordaan
Hael en swaar reën het gister oor dele van sentraal Suid-Afrika voorgekom en nog storms word voorspel.

Hael en swaar reën het gister onder meer oor dele van Noordwes, Gauteng en die Vrystaat voorgekom en nog reën word voorspel.

Sowat 110 mm is binne ’n paar uur in die distrik Klerksdorp aangemeld, met oorstromings wat veral skade in die stad veroorsaak het. Mnr. Naudé Pienaar, adjunk-hoofbestuurder van Agri Noordwes, sê die hael wat gister oor Klerksdorp uitgesak het, het plek-plek tot 30 cm of dieper gelê. “Nog geen groot skade op plase in die omgewing is by ons aangemeld nie. Boere deel wel op WhatsApp-groepe hul dankbaarheid vir die goeie neerslae.”

Mnr DJ van der Linde, voorsitter van die Vierfontein-boerevereniging, sê in dié omgewing en by Bothaville het goeie reën geval. By Nampopark en suid van Nampopark het swaar hael voorgekom met boere in dié omgewing wat skade aan vroeë mielies, sojabone en koring aangemeld het.

Meer as 1 000 ha koring

Een so boer is mnr. At Jordaan van die plaas Kransdrif. “Ek skat sowat 1 200 ha koring in die distrik Bothaville het skade gekry.”

Jordaan sê sy koring het ongelooflike goeie potensiaal gehad. “Die koue, son en reën het alles net op die regte tye gekom. Ek het gehoop op ’n baie goeie oes.”

koring haelskade
Die skade op sowat 250 ha se koring op die plaas Kransdrif in die distrik Bothaville word op tussen 40% en 50% geskat. Foto: At Jordaan
koring haelskade
Die koring sal volgende week vir skade getakseer word. Foto: At Jordaan

Hy skat die skade aan sowat 250 ha van sy koring op 40% tot 50%. “Die koring het begin droog word. Enigiets – soos hael – wat hard aan hom slaan, laat dan al die koringpitte uitval. Die landerye sal volgende week getakseer word sodat die skade bepaal kan word.”

Jordaan het ook skade aan mielies wat hy reeds in September aangeplant het. “Ek verwag dat dié mielies se opbrengs geraak sal word. Die mielies wat ek onlangs geplant het, het nog net bo die grond uitgekom, en hulle sal kan herstel.”

mielies haelskade
Van At Jordaan se vroë mielies wat deur die hael geslaan is
mielies haelskade
Enige skade aan dié mielies behoort minimaal te wees omdat hulle slegs 'n paar weke gelede geplant is. Foto: At Jordaan

Van die ander boere in die distrik sê die landerye is nog te nat om te kon inkom om die werklike skade te bepaal.

Erge storms en wind

Intussen het die Suid-Afrikaanse weerdiens verskeie waarskuiwngs uitgereik vir winderige en stormagtige toestande wat tot môre oor dele van die land kan voorkom.

Oor die kusgebiede van die Wes-Kaap, en spesifiek die Suid-Kaap, word gewaarsku dat oorstromings weens swaar reën kan voorkom, terwyl sterk wind tussen Tafelbaai en Oos-London verwag word.

Erge donderstorms wat tot skade aan infrastruktuur kan lei, word oor die oostelike dele van die Noord-Kaap, die westelike dele van Noordwes en die Vrystaat, asook die sentrale en oostelike binneland van die Wes-Kaap verwag. Stormsterk wind word oor die Noord-Kaap, die Wes-Kaap, die westelike dele van Noordwes, die Vrystaat en die Oos-Kaap voorspel.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.41
-0.5%
Rand - Pond
20.69
-0.1%
Rand - Euro
17.27
-0.2%
Rand - Aus dollar
10.89
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,812.40
-0.4%
Silwer
23.16
-1.5%
Palladium
2,322.99
-0.5%
Platinum
1,025.00
-0.9%
Brent-ruolie
89.96
+2.0%
Top-40
66,046
-2.0%
Alle aandele
72,415
-1.9%
Hulpbronne 10
73,680
-2.1%
Industriële 25
89,710
-1.9%
Finansiële 15
14,664
-1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek 'n maatjie pm hand aan hand deur die lewe te stap
Betroubaar en gedurig bereid om te help waar ek kan. Hou van kamovuur en braai. Gedurig besig om te vroetel in en om die huis in die tuin
Die lewe het n eindbestemming maar ek gaan eers die REIS geniet!
Ek wil n verskil maak in my wêreld, ek wil my lig skyn. Ek geniet my coaching beroep baie. Ek is spontaan hou van verassings, lief vir kuns, reis, fotografie en ek hou van...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot