AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Hewige donderstorms vandeesweek voorspel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Donderstorm sak uit oor die Kurumanrivier tussen Van Zylsrus en Askham in Maart 2021. Foto: Willem van den Berg
’n Donderstorm sak uit oor die Kurumanrivier tussen Van Zylsrus en Askham in Maart 2021. Foto: Willem van den Berg
Hewige donderstorms, wat met reën en hael gepaard kan gaan, word veral oor die noordoostelike dele van Suid-Afrika voorspel vandag.

Meer as 50 mm is moontlik in distrikte soos Standerton, Pretoria, Groblersdal en Polokwane. Swaar reën kan plek-plek oorstromings veroorsaak, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. Die swaar reën gaan na verwagting teen Woensdag uitbrei na die sentrale gedeeltes van Suid-Afrika. Dit word veral voorspel oor Noordwes, die Vrystaat, Gauteng, die oostelike dele van die Noord-Kaap en die westelike dele van Mpumalanga.

Die neerslae kan later suidwaarts uitbrei na die oostelike binneland van die Noord-Kaap en aangrensende dele van die Oos-Kaap. Daar is ’n groot kans dat hael kan voorkom. Graanboere in veral die oostelike binneland gaan sukkel om betyds geplant te kry as swaar reën nou voorkom en reënvaltoestande voortduur.

Wind, brande en koue

Van den Berg sê met die verwagte voorkoms van donderweer van 2 tot 4 November oor die Noord-Kaap, waar baie droë brandbare materiaal is, is die risiko hoog dat weerlig brande kan veroorsaak. Daar moet dus ’n hoë vlak van gereedheid wees.

In die eerste 10 dae van November bestaan die gevaar dat nat en winderige toestande met minimum temperature onder 10 °C oor die noordoostelike dele van die Oos-Kaap en suidwestelike binneland van KwaZulu-Natal vrektes by kleinvee, veral jong lammers, kan veroorsaak.

Reën en sterk wind word oor die eerste 10 dae van November oor dele van die winterreënstreek voorspel. Redelike sterk ooste- tot suidoostewinde kan voorkom as gevolg van die ontwikkeling van ’n trog van laagdruk oor die westelike binneland. Reën en bewolkte toestande kan veral oor die Rûens en Suidkus voorkom, wat die oes van grane gaan belemmer.           

Planttyd

Van den Berg sê hoewel reën al wydverspreid oor groot dele van die somerreënstreek begin voorkom het, was neerslae op plekke nog redelik lig.

Min gebiede het in die laaste week van Oktober meer as 20 mm reën gehad. Uitsonderings was Bethlehem, Bothaville, Wepener en Barkly-Oos wat elk 25 mm gehad het, Potchefstroom (30 mm), Newcastle (32 mm), Kroonstad (24 mm) en Port Edward (35 mm).

Van den Berg verduidelik dat die reën wat voorgekom het, in baie gevalle voldoende is om aanplantings te begin doen. Reënval van meer as 20 mm is waarskynlik voldoende om te plant of om finale bewerkings te kan doen in baie gebiede. As meer as 40 mm tot 50 mm voorkom, sal toestande te nat wees omdat die ondergrond nog baie nat is van die vorige seisoen se reën.

Mnr. Danie Bruwer, ’n boer van die distrik Clarens, sê die distrik het die afgelope 10 dae in strepe reën gehad. Hy het teen die einde van die laaste week van Oktober meer as 20 mm by hom gemeet, maar sy een buurman 5 km van hom het tydens een donderbui 60 mm gehad. “Ek het verlede week Frankfort toe gery en dit was oral nat. Die plantvoornemens is baie goed met ’n beweging weg van mielies af weens hoë insetkoste en laer winsgewendheid. Daar word meer sojabone en sonneblomme geplant. Boere kyk ook na alternatiewe bewerkingspraktyke weens die hoë kunsmis- en brandstofpryse.”

Intussen sê me Suzanne Venter, ’n verslaggewer vir Landbouweekblad, uit Noordwes boere daar verwag reën vanweë die manier waarop die tarentale loop. “Ons sien hulle vanjaar eerder twee-twee loop as in groepe. Boere glo as jy dít sien, is dit ’n aanduiding dat paartyd naby is. In die droogtetyd loop hulle eerder in groepe. As jy hulle so twee-twee sien, is die groot reën op pad. Almal hier wil nou begin plant voor die groot reën val.”

Wintergrane

Intussen is oestyd vir wintergrane in volle gang. Hoewel opbrengste nie op rekordvlakke is nie, word gemiddelde opbrengste in die meeste gevalle gestroop. “Dit is goeie opbrengste gegewe die min reën wat gedurende die seisoen voorgekom het en wys net weer die waarde van gereelde ligte neerslae,” aldus Van den Berg. “Die gehalte van veral winterkoring is baie goed, maar winsgewendheid is onder druk as gevolg van laer opbrengste.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie geselskap en baie kalm en saggeaard
Saggeaarde eerlike en opregte mens wat ander met respek hanteer. Baie beskermend teenoor n vrou en sal nooit kras praat of optree nie.
Let see what happens
Mense mens, ek is altyd positief doen en gee die beste as wat ek kan. Enkel mamma van twee wonderlike dogtertjies en soek meer kinders. Ek is baie lief vir kinders
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot