AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8673
1,00
CORN
08 Aug
-
3997,4
26,40
SOYA
08 Aug
-
8780
60,00
SUNS
08 Aug
-
10300
-6,00
WEAT
08 Aug
-
6807
-79,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
-25,00
YMAZ
08 Aug
-
4204
-16,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Hittegolwe lei tot kommer oor somergewasse in Noordelike Halfrond

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die foto is in Februarie 2019 in die distrik Bultfontein in die Vrystaat geneem tydens me. Sisi Ntombela, Vrystaatse premier, se besoek aan die dorp om met plaaslike boereverenigings te praat. Verskeie lande in dié distrik lê braak omdat die reën te laat gekom het of omdat boere nie produksielenings kon kry om te plant nie. Waar mielies wel in Januarie geplant is, is daar vrese dat vroeë ryp dié laat aanplantings kan knou. Foto: Vida Booysen
Die foto is in Februarie 2019 in die distrik Bultfontein in die Vrystaat geneem tydens me. Sisi Ntombela, Vrystaatse premier, se besoek aan die dorp om met plaaslike boereverenigings te praat. Verskeie lande in dié distrik lê braak omdat die reën te laat gekom het of omdat boere nie produksielenings kon kry om te plant nie. Waar mielies wel in Januarie geplant is, is daar vrese dat vroeë ryp dié laat aanplantings kan knou. Foto: Vida Booysen
Hittegolwe wat die afgelope tyd oor verskeie dele van Amerika, Europa en China voorgekom het, het kommer laat toeneem oor die nadelige gevolge daarvan op somergewasse wat in ’n vroeë groeifase is.

Luidens ’n droogteverslag van die Amerikaanse departement van landbou het 45% van dié land teen middel Julie droogte ondervind en 88 miljoen ha landbougewasse word nadelig daardeur geraak. Die droogtesituasie het sedert middel Junie met 15% versleg, aldus die verslag.

Volgens nog ’n verslag het erge droogtetoestande oor die Midde-Weste uitgebrei en 27% van dié gebied waar die Amerikaanse mieliestreek geleë is, gaan nou onder droogte gebuk. Matige tot ernstige droogte kom voor in 70% van Michigan, 57% van Iowa en 46% van Minnesota.

Mnr. Wandile Sihlobo, senior ekonoom van die landbousakekamer Agbiz, wys daarop dat die uitermatige hittetoestande ook tot vrektes onder vee lei. In Junie het meer as 2 000 beeste in Kansas weens hittestres gevrek. Ook in Europese lande soos Italië en Spanje word die nadelige gevolge van die hitte en droogte gevoel.

“Hierdie moeilike weersomstandighede kom in ’n tyd dat die wêreld ’n voedselkrisis beleef en meer landbouprodukte dringend benodig word.”

Sihlobo het verwys na ’n gesamentlike verklaring van die Voedsel-en-landbouorganisasie, Internasionale Monetêre Fonds, Wêreldbank, Wêreldvoedselprogram en die Wêreldhandelsorganisasie waarin kommer uitgespreek word oor die toenemende hongersnood. Regerings word gevra om hul lande se landbouproduksie te ondersteun.

Luidens die verklaring het die aantal mense wie se lewe en lewensomstandighede deur voedseltekorte bedreig word, toegeneem tot 345 miljoen in 82 lande.

Sihlobo sê die Amerikaanse departement van landbou is in sy jongste opname nog optimisties oor die wêreld se vraag- en aanbodsituasie. Daarvolgens sal die wêreld se graanproduksie in 2022-’23 nie beduidend laer wees nie. In die Julie-opname is die wêreld se mielie-oes op 1,18 miljard ton geraam, wat net 3% laer is op ’n jaargrondslag.

“Hierdie ramings het egter nog nie die gevolge van die hittegolwe ten volle in ag geneem nie. Dit sal interessant wees om te sien of die voorspellings in die komende maande verander.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.61
+1.0%
Rand - Pond
20.07
+0.9%
Rand - Euro
16.94
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.1%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,788.72
+0.8%
Silwer
20.65
+3.8%
Palladium
2,244.50
+5.4%
Platinum
944.50
+0.8%
Brent-ruolie
94.92
+0.8%
Top-40
63,771
+1.0%
Alle aandele
70,266
+1.1%
Hulpbronne 10
65,045
+1.5%
Industriële 25
85,829
+1.1%
Finansiële 15
15,741
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n sielsgenoot.
Ek doen fotografie en is altyd op die uitkyk vir nuwe geleenthede en ander genres, bied fotografie werkswinkels aan vir n groepie afgetredenis wat jonk van gees is, Lief vir die...
Vrienskap/ geselskap met moontlikhede
Eerlike en probeer altyd positief wees. Hou van die natuur en probeer soveel as moontlik te oefen, draf en stap. Hou daarvan om te lag en die lewe te geniet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot