
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat ’n uiters hoë brandgevaar vandag oor die Dawid Kruiper-, Kai !Garib- en !Kheis-munisipaliteite verwag word.
Die weerdiens waarsku ook dat die koue front wat die Noord- en Wes-Kaap môre sal bereik teen Vrydag na die Oos-Kaap sal uitbrei.
Maksimum temperature van slegs 10 °C word vir sommige plekke in die suidelike hoogliggende gebiede van die Namakwa-streek in die Noord-Kaap en Wes-Kaap se binneland voorspel.
Oor die algemeen kan nat en koue toetsande verwag word. Daar is ’n geringe kans dat reën van tussen 30 en 40 mm oor die bergagtige gebiede van die Kaapse metropool en die suidelike dele van die Kaapse Wynland.
Vandag se weer
Mooi en koel weer word vir Gauteng voorspel. Mooi en koel tot warm weer word in Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en die Vrystaat verwag.
Die weerdiens voorspel mooi, winderige en koel tot warm weer vir die Noord-Kaap.
Gedeeltelik bewolkte en later mooi, winderige en koel weer vir die Wes-Kaap voorspel. In die verre suidwestelike dele van die provinsie sal dit egter koud wees. Dit sal warm oor die Karoo wees.
In die westelike helfte van die Oos-Kaap sal dit vandag aanvanklik gedeeltelik bewolk en warm wees. Mooi weer word vanmiddag verwag. In die oostelike helfte word mooi tot gedeeltelik bewolkte en koel weer verwag.
Die weerdiens voorspel mooi en koel weer vir KwaZulu-Natal. Dit sal warm in die noordooste van die provinsie wees.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.