AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Intense koue front bring landwyd bibberweer

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Twee winterstelsels sal in die komende dae klappertandweer reg oor die land veroorsaak, waarsku die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD).

Die eerste intense koue front het vroeg vanoggend sy opwagting in die Wes-Kaap gemaak. Die stelsel kan vanmiddag na die Oos-Kaap en teen vanaand na KwaZulu-Natal versprei.

Volgens die SAWD word baie koue, reënerige omstandighede en sneeu op die oostelike hooggeleë gebiede van die Wes-Kaap vandag verwag. Dit sal teen vanmiddag na die hooggeleë gebiede van die Oos-Kaap versprei en tot Vrydag voortduur. Dit kan paaie en bergpasse onbegaanbaar maak.

Sneeu sal volgens die SAWD vanaf vanaand op die Drakensberg in KwaZulu-Natal val.

Hoewel temperature teen môre in die Wes-Kaap sal begin styg, sal koue omstandighede in gedeeltes van Mpumalanga en die suidelike dele van Gauteng voortduur.

Na verwagting sal 15 mm tot 35 mm reën oor die suidelike gedeeltes van die Wes-Kaap en die suidwestelike gedeeltes van die Oos-Kaap val. Reënval van 40 mm tot 50 mm word langs die kus- en bergagtige gebiede van die oostelike deel van die Tuinroete, die Suidkus en die aangrensende binneland van die Oos-Kaap verwag. Die SAWD waarsku dat dit plek-plek oorstromings kan veroorsaak.

’n Tweede laagdrukstel sal teen môre oor die westelike binneland ontwikkel, wat sal veroorsaak dat winderige omstandighede oor die suidelike gedeeltes van Suid-Afrika voortduur. Die stelsel sal ook reënval oor die binneland veroorsaak, wat ongewoon vir hierdie tyd van die jaar is.

Vanweë die laagdrukstelsel sal reënbuie en donderstorms ontwikkel wat die oostelike gedeeltes van die Noord-Kaap, die Vrystaat asook die noordelike en oostelike gedeeltes van die Oos-Kaap sal raak.

Reënval van 30 mm tot 44 mm word oor die verre oostelike gedeeltes van die Noord-Kaap, die suidwestelike gedeeltes van die Vrystaat en die verre noordelike binneland van die Oos-Kaap, waar baie koue omstandighede sal voortduur, verwag.

Die SAWD waarsku dat van die donderstorms sterk kan wees en groot hoeveelhede klein haelkorrels kan veroorsaak.

Sneeuval sal waarskynlik voorkom oor die noordelike hooggeleë gedeeltes van die Oos-Kaap, die Drakensberge en die verre oostelike gedeeltes van die Vrystaat, terwyl ligte sneeu oor die Suid-Vrystaat en suidoostelike gedeeltes van die Noord-Kaap verwag word.

Die SAWD maan veeboere om te verseker dat hul vee vroegtydig, voor die winterweer sy aankoms maak, na veilige skuiling geskuif word om vrektes te voorkom.

Die laagdrukstelsel sal na verwagting tot Sondag die weer beïnvloed. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kuier lekker saam
Ek hou van musiek, braai, kuier met vriende, kamp, ens. Tipiese introvert kom daar tye waar ek bietjie alleen tyd nodig het, en ek gun dieselfde vir my vriendin. Ek werk hard en...
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot