AFGRI
BEAN
29 Nov
-
7600
0,00
CORN
29 Nov
-
3680
0,00
SOYA
29 Nov
-
7573
0,00
SUNS
29 Nov
-
11385
0,00
WEAT
29 Nov
-
6333
0,00
WMAZ
29 Nov
-
3476
0,00
YMAZ
29 Nov
-
3695
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Intense koue fronte in komende weke verwag

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Goeie reënneerslae word teen die einde van die week oor dele van die Wes-Kaap verwag, terwyl swaar neerslae in die eerste deel van Julie oor die winterreëngebied kan voorkom.

Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê hoewel die voorspellings vir reën oor dele van die Wes-Kaap van vandag af effe verswak het, kan 20 mm of meer rondom Vrydag voorkom.

Die front gaan die naweek ook oor die res van Suid-Afrika beweeg met minimum temperature ver onder vriespunt van Saterdag af. Van den Berg sê temperature van -5 °C gaan oor die sentrale, suidelike en oostelike dele van die Vrystaat, noordelike dele van die Oos-Kaap en aangrensende dele van die Noord-Kaap, asook die suidelike dele van KwaZulu-Natal nader aan die Drakensberge voorkom. Baie lae temperature word onder meer vir plekke soos Standerton, Aliwal-Noord, Barkly-Oos, Middelburg (Oos-Kaap), Fauresmith, Zastron en Fouriesburg verwag.

Namate die front beweeg, word ligte ryp volgende week oor die sentrale tot suidelike gedeeltes van Limpopo en aangrensende dele van Noordwes, soos Brits en Koster, verwag.

Wind en sneeu

Van den Berg sê met die koms van ’n reeks koue fronte in die volgende weke gaan baie sterk winde uit ’n noordwestelike tot westelike rigting van Donderdag af oor die westelike en sentrale binneland voorkom. Windsnelhede van meer as 50 km/h word verwag. Dit kan uiters gevaarlike toestande skep vir die ontstaan en verspreiding van veldbrande oor veral die grasveldgebiede en die oostelike dele van die Karoo.

’n Baie sterk moontlikheid bestaan dat sneeu teen die einde van die week oor veral die sentrale tot suidelike Drakensberge in Lesotho en op plekke soos Elliot, Barkly-Oos en Rhodes kan voorkom.

Sneeu kan van Vrydag af ook oor die hooggeleë dele van die Suidwes-Kaap, soos die berge rondom Ceres en aangrensende bergagtige dele, en die suidelike bergreekse van die Noord-Kaap voorkom.

“Op langer termyn is daar ’n goeie kans is op verdere sneeu in die tweede week van Julie oor veral die Drakensberge,” sê Van den Berg. “Ligte reën is ook moontlik vanaf ongeveer 28 Junie oor die suidelike binneland as deel van die frontale stelsels wat inbeweeg.”

Gevaarlike toestande vir vee

Die verwagte koue, nat en winderige weer in die komende weke, kan baie gevaarlike toestande vir veral kleinvee skep.

Van den Berg raai boere aan om toe te sien dat hul vee voldoende beskut is teen die weerstoestande, en om korttermynweervoorspellings dop te hou om seker te maak dat hulle betyds hul diere beskut as die weer vinnig verander.

“Baie gevaarlike toestande kan vir die grootste deel van Julie en die eerste deel van Augustus voorkom met koue en nat toestande. Dit sal dus raadsaam wees om kleinvee later te skeer, want tans lyk dit asof toestande minder gevaarlik gaan wees vanaf die laaste deel van Augustus.”

Hoe vergelyk die winter van 2020 met 2021?

Van den Berg het die winterstoestande van 15 Mei tot 20 Junie vanjaar met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar – waarvan die winter een van die koudstes op rekord is – vergelyk, en daarvolgens was dit vanjaar minder koud met minder dae van ryp as verlede jaar.

Die gemiddelde minimum temperatuur vir Bothaville in die Vrystaat was van 15 Mei tot 20 Junie 2020 -0,55 °C, wat 1,3 °C kouer is as die gemiddelde minimum temperatuur van +0,71 °C vir die ooreenstemmende tydperk vanjaar. In daardie tydperk in 2020 is minimum temperature van onder vriespunt op 21 aangeteken teenoor 12 dae in die ooreenstemmende tydperk vanjaar. Die laagste temperatuur wat in hierdie tydperk in 2020 by Bothaville gemeet is, was -9,08 °C teenoor -4,8 °C in 2021.

Wat reënval betref, het daar vanjaar van 15 Mei tot 20 Junie minder reën oor die Wes-Kaap asook Weskusgebiede – tot so ver as Springbok in die Noord-Kaap – voorgekom as in die ooreenstemmende tydperk in 2020, hoewel daar ook ’n droë tydperk was in die eerste 10 dae van Junie 2020.

Soos wat tans vir die komende weke voorspel word, het redelike swaar reën van die laaste week van Junie 2020 voorgekom oor groot dele van die winterreëngebied, met koue fronte wat gereeld tot in September 2020 voorgekom het.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.17
+0.7%
Rand - Pond
21.57
-0.0%
Rand - Euro
18.24
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,795.17
+0.1%
Silwer
23.41
+1.1%
Palladium
1,794.93
+2.5%
Platinum
974.50
+2.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
0.0%
Alle aandele
68,615
0.0%
Hulpbronne 10
64,074
0.0%
Industriële 25
92,909
0.0%
Finansiële 15
12,995
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Positiewe uitkyk
Hou my besig met stokperdjies en belangrike sake wat ons lewes beïnvloed. Is rustig en stel nie belang in onstabiele emosionele uitbarstings nie.
Is ek die een vir jou...
As jy hou van kamp en see vakansies, n girl wat hou van die buite lewe, maar tog ook van rustigheid, is ek die een.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot