AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
12 Nov
-
53,56
-0,07
Beeste AB2/3
12 Nov
-
51,91
-0,45
Beeste B2/3
12 Nov
-
49,04
-0,89
Beeste C2/3
12 Nov
-
46,15
0,38
Bevrore Hoender
12 Nov
-
29,34
0,37
Bokkies (onder 30 kg)
12 Nov
-
66,06
-1,00
Bokooie
12 Nov
-
46,92
1,10
Groot (meer as 40 kg)
12 Nov
-
39,53
-1,69
Hoender (IQF)
12 Nov
-
27,78
1,63
Medium (30-40kg)
12 Nov
-
54,15
0,97
Pork Average
12 Nov
-
27,78
-0,41
Poultry Average
12 Nov
-
29,22
0,77
Skaap A2/3
12 Nov
-
84,63
-0,14
Skaap AB2/3
12 Nov
-
75,86
0,10
Skaap B2/3
12 Nov
-
72
0,11
Skaap C2/3
12 Nov
-
69,61
-0,41
Speenkalf
12 Nov
-
40,08
-1,39
Spekvarke
12 Nov
-
29,62
0,34
Stoorlammers
12 Nov
-
45,41
-0,52
Varkwors
12 Nov
-
22,96
-0,51
Vars Hoender
12 Nov
-
30,54
0,29
Vleisvarke
12 Nov
-
27,62
-0,45
Wol (skoon)
12 Nov
-
167,2
-2,88

Is vee regtig klimaat-skobbejakke?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Skape kry voer in die Fraserburg-distrik, waar ’n langdurige droogte die veld erg afgetakel het. Foto: Jeanne van der Merwe
Skape kry voer in die Fraserburg-distrik, waar ’n langdurige droogte die veld erg afgetakel het. Foto: Jeanne van der Merwe
Dit het mode geword om herkouerdiere en diëte wat diereproteïen insluit, die skuld te gee vir die meeste kweekhuisgasvrystellings en klimaatsverandering, maar navorsers in ekstensiewe veegebiede sê dis darem nie só eenvoudig nie.

’n Verslag wat pas bekend gestel is, waarsku dat foutiewe aannames wat op intensiewe en industriële veeboerdery gebaseer is, die prentjie van herkouers as klimaatbooswigte skeeftrek.Voorstanders van die sogenoemde proteïenoorgang wil hê dat die mensdom na ’n plantgebaseerde dieet oorskakel, terwyl ander wil hê meer van die grond wat vir veeweiding gebruik word, moet eerder aan bewaring, die vestiging van wild of bosbou toegewy word.

Volgens die verslag “Are livestock always bad for the planet?", wat op 27 September uitgereik is, ignoreer dié debatte oor die toekoms van voedsel die miljoene mense wat vir hul bestaan van ekstensiewe veeboerdery afhanklik is.

Ekstensiewe veeboerdery benut sowat die helfte van die aardoppervlakte waar hulle marginale veld vir die produksie van vleis, melk en ander diereprodukte gebruik. Miljoene mense, waarvan heelparty arm mense is, maak so ’n bestaan.

Die verslag is opgestel deur PASTRES (Pastoralism, Uncertainty and Resilience: Global Lessons from the Margins), ’n Britse navorsingsprojek oor die maniere waarop veeboere op onsekerheid reageer en die lesse wat dit inhou.

Die verslag identifiseer tien foute in die manier waarop oor veeboerdery gedink word. Die foute is onder andere die gebruik van data van intensiewe veeboerdery in geïndustrialiseerde lande om afleidings oor die hele wêreld te maak, planne om bome te plant in grasweivelde wat eintlik meer skade gaan aanrig, en die feit dat wilde diere selfs meer kweekhuisgasse vrystel as ekstensiewe herkouers.

Dit sluit ook die onvermoë in om in te sien watter rol ekstensiewe produksiestelsels speel in mense se bestaan en hoe dit eintlik ’n voordelige rol in ekostelsels speel.

Eweneens kan die voeding van kinders ondermyn word deur groot veranderinge aan hul dieet omdat voedsel van dierebronne ho?digtheidproteïen en ander belangrike voedingstowwe verskaf.

Die verslag stel voor dat ’n stelselbenadering gevolg word om te keer dat nadelige hulpmaatreëls en beleid ingestel word. “Dit moet tussen verskillende produksiestelsels differensieer en nie net op die produkte konsentreer nie.”

Alle vee stel kweekhuisgasse vry, maar party praktyke in ekstensiewe stelsels kan met koolstofvaslegging help. Daarbenewens kan ekstensiewe veeboere die veld tot voordeel van biodiversiteit bestuur, ’n bestaan maak en kulturele praktyke en tradisies help bewaar.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dalk vind ek jou - my "Droomvrou".
My eie strewe na n mens wat stabiliteit, opregtheid en lojaliteit met n positiewe en gesonde uitkyk uitstraal, moet ook vanuit jou weerspieel. Lekker ontspanne geselsskap met n...
Ek soek na jou
Ek is 'n goeie luisteraar en help graag ander mense. Ek het 'n goeie hart en wil dit graag met iemand deel wat dit sal waardeer. Ek hou van dans en spandeer baie tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot