AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8940
0,00
CORN
08 Aug
-
3920
0,00
SOYA
08 Aug
-
8653
0,00
SUNS
08 Aug
-
10306
0,00
WEAT
08 Aug
-
7140
0,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
0,00
YMAZ
08 Aug
-
4176
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Kans op nóg swaar reën in Junie goed

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Charles Smith
Foto: Charles Smith
Met die La Niña-stelsel wat steeds sterk is vir hierdie tyd van die jaar, bly die risiko van reën voor en tydens strooptyd redelik groot tot ongeveer begin Julie.

Talle plekke in Suid-Afrika het die afgelope week 50 mm of meer reën gemeet. Sommige plekke het 100 mm of meer gehad. Die swaarste neerslae het oor die sentrale, maar veral die oostelike dele van die land voorgekom. “Uit ’n landbou-oogpunt is die baie reën ’n groot bekommernis vir die oes van grane,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

Hy sê plekke noord en oos van Koppies het tot 100 mm gehad. Baie boere is nog besig om sojabone te stroop. “Met die nat landerye gaan dit meer as twee weke duur om weer in die landerye te kom om te kan stroop. Dit kan verliese veroorsaak omdat die peule gaan oopspring as dit begin droër word. Gehalte kan ook benadeel word.”

Klimaatsverandering of La Niña?

Oor die swaar neerslae wat die naweek oor KwaZulu-Natal uitgesak het, sê Van den Berg die groot probleem vanjaar is die vorming van sterk laagdrukstelsels wat vinnig afsnylaagdrukstelsels vorm en besonder baie reën veroorsaak. Die stelsels vorm baie vinnig sonder waarskuwing.

Die voorspelbaarheid is ook redelik swak en voorspellings kan dikwels slegs enkele ure voor die gebeurtenis met meer akkuraatheid gedoen word. Meer intense laagdrukstelsels met gevolglik baie reën is tipies van La Niña-verskynsels. Die bydrae van klimaatsverandering moet ook bygetel word. Die Indiese Oseaan oefen nie ’n groot invloed uit nie omdat temperature daar redelik neutraal is.

Van den Berg sê die naweek se weer is veroorsaak deur ’n koue front wat aansluiting gevind het by ’n tropiese laagdrukstelsel. Dit het reën en baie koue toestande tot gevolg gehad.

Oor die swaar reën in April en Mei, sê Van den Berg klimaatsverandering kon ’n bydrae hiertoe gelewer het, maar dis meestal aangedryf deur ’n sterk La Niña-verskynsel wat lank aanhou in die laatsomer en herfs, soos wat die geval in 2011 was, toe reën baie laat in die seisoen voorgekom het.

Die normale reënvalpatroon gedurende sterk La Niña-verskynsels is dat reën in die vroeë somer (Oktober en November) oor KwaZulu-Natal en Mpumalanga begin en dan geleidelik uitbrei na die weste. Droër toestande kom dan van Januarie tot Maart oor die oostelike dele voor, maar nat toestande oor die sentrale tot westelike dele. Indien toestande gunstig bly vir reën, begin die siklus hom herhaal en word dit droër in die weste en begin dit weer reën in die oostelike dele vanaf Maart tot Junie.

Van den Berg sê as die La Niña-verskynsel vroeër begin verswak soos in 2021 – toe dit reeds teen einde Februarie na ’n neutrale patroon oorgegaan het – is die siklus onderbreek. Minder reën het toe voorgekom in veral April en Mei oor die grootste deel van die land.

Wat nou vorentoe?

Hy sê weermodelle dui tans aan dat verdere reën gedurende Junie nog oor die somerreëngebied kan voorkom. “Dit lyk nie na swaar neerslae nie, maar gegrond op die geskiedenis van reënval gedurende hierdie seisoen het elke reënvalgebeurtenis die potensiaal om nog swaar reën te kan veroorsaak.”

Met die La Niña-stelsel wat tans steeds sterk is vir hierdie tyd van die jaar, bly die risiko van reën voor en tydens strooptyd redelik groot tot ongeveer begin Julie. Die kans op reën oor die somerreëngebied vir die oostelike dele is skraal vanaf Julie tot einde September en tot November en/of Desember oor die sentrale tot westelike dele.

Van den Berg sê daar is egter steeds ’n risiko van swaar reën oor die oostelike en suidoostelike dele van die land, insluitend die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal in die komende maande.

Wat van skeertyd?

Die tydperk tot Junie lyk na ’n hoërisikotydperk vir die skeer van vee vanweë die kans op verdere reën met baie koue toetstande. “Dit sal waarskynlik beter te wees om nader aan Augustus en September te laat skeer wanneer dit steeds koud gaan wees, maar moontlik nie so nat nie,” sê Van den Berg.

“Daar moet egter onthou word dat die kans op sneeu vanjaar baie groot is, veral in Junie en Julie.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.62
-0.0%
Rand - Pond
20.15
-0.4%
Rand - Euro
17.01
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.61
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,789.74
+0.0%
Silwer
20.60
-0.3%
Palladium
2,202.50
-1.8%
Platinum
942.50
-0.3%
Brent-ruolie
96.65
+1.8%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons leer mekaar ken.......dan besluit ons
Rustige, ge-balanseerde, snaakse, betroubare, sagte, familie mens. Mal oor die buitelewe, foto's neem, 4x4 avonture, met my Land Cruiser Afrika tem, plaas seun, avontuur,...
Artist looking for inspiration
Persoonlikheid gewys is ek maar n plat op die aande vrou. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot