AFGRI
BEAN
23 Me
-
9010
27,00
CORN
23 Me
-
4896
10,00
SOYA
23 Me
-
9180
45,00
SUNS
23 Me
-
11244
149,00
WEAT
23 Me
-
8304
93,00
WMAZ
23 Me
-
4666
35,00
YMAZ
23 Me
-
4741
-6,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Me
-
168,05
3,02
Ave Wool - RWS
13 Me
-
179,53
-4,62
Beeste A2/3
13 Me
-
62,31
1,46
Beeste AB2/3
13 Me
-
59,74
1,26
Beeste B2/3
13 Me
-
54,18
-1,02
Beeste C2/3
13 Me
-
49,36
1,98
Bevrore Hoender
13 Me
-
31,09
0,25
Bokkies (onder 30 kg)
13 Me
-
59,25
-12,01
Bokooie
13 Me
-
48,53
-2,68
Groot (meer as 40 kg)
13 Me
-
43,21
-1,79
Hoender (IQF)
13 Me
-
29,58
0,11
Medium (30-40kg)
13 Me
-
55,89
4,30
Pork Average
13 Me
-
27,45
0,15
Poultry Average
13 Me
-
30,77
0,18
Skaap A2/3
13 Me
-
95,1
-1,87
Skaap AB2/3
13 Me
-
78,75
-0,91
Skaap B2/3
13 Me
-
75,51
-0,87
Skaap C2/3
13 Me
-
70,69
-1,09
Speenkalf
13 Me
-
38,26
0,47
Spekvarke
13 Me
-
27,63
-0,20
Stoorlammers
13 Me
-
47,29
-0,99
Varkwors
13 Me
-
21,94
0,00
Vars Hoender
13 Me
-
31,64
0,19
Vleisvarke
13 Me
-
27,41
0,12

KYK! Karoo is nat, maar droogte bly wurg

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
4.	Die goeie reën van 26 tot 28 November in die distrik Williston het beteken dat sommige boere hul aangeplante lusern weer met reënwater kan natlei. Foto: Verskaf
4. Die goeie reën van 26 tot 28 November in die distrik Williston het beteken dat sommige boere hul aangeplante lusern weer met reënwater kan natlei. Foto: Verskaf
Baie boere in die Karoo is steeds sonder uitkoms, terwyl reën al oor dele voorgekom het.

Heelwat Karoo-boere het oor die afgelope ses weke goeie reën en opvolgbuie gehad, maar baie boere is steeds sonder uitkoms.

“Sommige van ons kan weer asemhaal,” sê dr. Corrie Avenant van die Atka-stoetery net buite Williston nadat goeie reën in daardie streek van 26 tot 28 November uitgesak het. Die foto’s van sy plaas wys hoe groot damme water in die vaal, dooie veld staan. “Sedert Oktober het verskillende dele op ons boerdery van 75 mm tot 100 mm reën gekry in drie verskillende buie. Dit is meer as in enige kalenderjaar oor die afgelope agt jaar. Ons kon tussen begin Oktober en einde November ons lusernlanderye reeds drie maal natlei, dieselfde aantal kere as wat ons dit oor die afgelope agt jaar gesamentlik kon doen.”

Avenant hoop dat hy tot 50% van sy voerrekening sal kan bespaar as die veld goed herstel. “Ons sien reeds dat van die groter bosse begin reageer op die reën. Die gras het nog nie weer lewe gekry nie. Sodra die gras weer begin groei, sal ons hopelik 50% van die huidige voerkoste kan bespaar en dalk ’n geringe wins toon.”

Williston reën
Hoewel daar reeds sedert Oktober reën op die Atka-stoetery net buite Williston uitgesak het, is die veld steeds dood. Hierdie foto is op Saterdag 27 November geneem nadat meer as 30 mm op plekke op die plaas uitgesak het. Foto: Verskaf
williston reën
Hoewel die reën van die afgelope naweek in die Karoo verligting gebring het vir ’n aantal boere, het die vinnige, swaar buie op die droë grond heelwat erosie-skade meegebring. Foto: Verskaf

Steeds geen uitkoms

Dit is egter net ’n geringe aantal boere wat hierdie vooruitsig het, sê me. Janine Beyleveld, bedryfsamptenaar by Agri Noord-Kaap. “Voor Oktober se reën was minstens 50% van ons provinsie se boere onder enorme druk. Hulle het lankal nie meer kos in die veld vir die diere nie en kan nie meer skuld maak vir voer nie. In die beste situasies kon boere hul kudde beperk tot 25% van hul veld se drakrag, maar hulle moes hierdie diere met voer aan die lewe hou. Vir baie boere is daar niks meer diere op die plaas nie en dus is daar geen manier om ’n inkomste te verdien nie.

“Ons is baie dankbaar vir die reën wat geval het, maar dit gaan nie onmiddellik beterskap bring nie. Die veld is so dood dat dit etlike reënbuie gaan kos om enige lewe in die veld terug te bring. Vir van ons boere is daar ’n flikkering van hoop danksy die reën. Vir sowat 25% is die omstandighede egter steeds sonder voorsienbare uitkoms. Ons hou aan planne beraam om hierdie boere weer op die been te kry.”

Volgens Agri Noord-Kaap het Vaalharts, Loxton, Victoria-Wes, Kuruman en Richmond van 1 mm tot 10mm reën oor die naweek gemeet, terwyl Sutherland van 10 mm tot 40 mm, Colesberg van 5 mm tot 25 mm en Williston van 11 mm tot 44 mm gemeet het.

Besoek https://agrinc.org.za om betrokke te raak by ondersteuningsveldtogte vir boere wat onder die droogte gebuk gaan.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.75
+0.6%
Rand - Pond
19.79
+0.3%
Rand - Euro
16.81
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.17
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,848.83
+0.1%
Silwer
21.74
-0.1%
Palladium
1,989.14
+1.0%
Platinum
959.38
+0.1%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,788
+1.3%
Alle aandele
68,367
+1.2%
Hulpbronne 10
74,616
+2.9%
Industriële 25
73,018
+0.1%
Finansiële 15
15,916
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil n spesiale mens ontmoet
Wil die land deurkruis, plekke sien en dit met iemand deel. Ek is redelik maklik en nie vol fiemies nie.
Kom ek wys jou n oulike girl..
Hi hi. Ek is n 26 meisie van Benoni. Ek jou van gym en shopping. Ek is maar n plain Jane, Hou van om te dans en lekker braai. Ek kom van die plaas lewe af ook. Ek studeer nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot