
Me. Nestie Smit van die plaas De Nek tussen Williston en Van Wyksvlei sê op Facebook hulle het 28 mm gekry. “Dit het lekker wyd gereën, want ons buurplaas het 35 mm gekry en op die Brandvleipad rapporteer hulle ook goeie reën.”
Mnr. Sybrand Venter van Trywell by Carnarvon sê tot 65 mm is op verskillende plekke daar gemeet. Reën hierdie tyd van die jaar help gras om te groei en goed saad te maak. “Ek dink vir veral die klomp klein bossies wat opslaan, sal dit net so baie help.”
Tussen Middelpos en Calvinia is reënvalsyfers van 20 mm tot 60 mm aangeteken, terwyl dele van die Sentraal-Karoo gister ook 25 mm tot 50 mm reën gekry.
Ongelukkig het dit op party plekke skaars 5 mm gereën.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.