AFGRI
BEAN
31 Me
-
8440
-229,00
CORN
31 Me
-
4035
-79,00
SOYA
31 Me
-
7769
-121,00
SUNS
31 Me
-
8135
-131,00
WEAT
31 Me
-
6645
-8,00
WMAZ
31 Me
-
3868,2
-34,80
YMAZ
31 Me
-
3822
-31,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Klimaatplanne: ‘Ons is in ’n wedloop teen tyd’

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Koot Marais
Ter illustrasie. Foto: Koot Marais
’n Nuwe verslag van die Verenigde Nasies (VN) oor klimaatsverandering dui daarop dat hoewel globale kweekhuisgasvrystellings van sekere lande afgeneem het, daar steeds onvoldoende pogings is om die globale temperatuurstyging binne die volgende eeu tot 1,5 °C te beperk.

“Die afwaartse neiging in lugbesoedeling wat teen 2030 verwag word, wys dat lande wel vanjaar ’n mate van vordering gemaak het,” het mnr. Simon Stiell, uitvoerende sekretaris van die VN se afdeling vir klimaatsverandering, gesê.

“Maar die wetenskap is duidelik en so ook ons klimaatdoelwitte. Ons is steeds nêrens naby die skaal en tempo van vermindering in vrystellings wat nodig is om ons op koers te hou na ’n 1,5 °C-wêreld nie. Om hierdie doelwit te bereik, moet nasionale regerings hul klimaataksieplanne nou versterk en dit in die volgende agt jaar toepas.” 

Die VN se interregeringspaneel oor klimaatsverandering se 2018-verslag het aangedui dat CO2-vrystellings teen 2030 met 45% verminder moet word, vergeleke met die 2010-vlakke. Die jongste getalle wat vroeër vanjaar uitgereik is, gebruik 2019 as ’n basislyn. Daarvolgens moet kweekhuisgasvrystellings teen 2030 met 43% verminder.

Stiell sê dit is van deurslaggewende belang om die doelwit te bereik en temperatuurstygings tot 1,5 °C te beperk om die ergste impak van klimaatsverandering, wat ongereelde en ernstige droogtes, hittegolwe en reënval insluit, te verminder.

“Verlede jaar op die VN se klimaatsveranderingskonferensie in Glasgow het alle lande – die 193 partye wat deel vorm van die Parys-ooreenkoms – ingestem om hul klimaatplanne te versterk,” het Stiell gesê.

“Die feit dat slegs 24 nuwe of bygewerkte klimaatplanne sedert die COP26-beraad ingedien is, is teleurstellend. Regeringsbesluite en -optrede moet die vlak van dringendheid weerspieël, die erns van die bedreigings wat ons in die gesig staar besef, en die tekort aan tyd wat ons oor het om die verwoestende gevolge van klimaatsverandering te vermy, as ernstig beskou.”

Die verslag het aangedui dat hierdie lande se kweekhuisgasvrystellings in 2050 sowat 68% laer kan wees as in 2019, mits al die langtermynstrategieë betyds ten volle deurgevoer word.

Mnr. Sameh Shoukry, die Egiptiese minister van buitelandse sake en aangewese COP27-president, het gesê die verslag van die VN oor klimaatsverandering is ’n tydige herinnering vir almal. Die verhoging van ambisie en dringende toepassing is onontbeerlik om die klimaatkrisis aan te pak.

“Dit sluit in die versnelde vermindering en uitskakeling van vrystellings en ’n wyer omvang van ekonomiese sektore om ons te beskerm teen ernstige en nadelige klimaatsverwante verliese en skade.

“Die verslag wys dat die wêreld nie op koers is om die Parys-klimaatdoelwit te bereik. Dit is ’n ontnugterende oomblik en ons is in ’n wedloop teen tyd.

Verskeie lande van wie verwag word om meer te doen, doen nog lank nie genoeg nie en die gevolge daarvan raak lewens en lewensbestaan reg oor die wêreld.”

  •  Die VN se volgende klimaatsveranderingskonferensie (COP27) vind vanjaar van 6 tot 18 November in Sharm el-Sheikh, Egipte, plaas.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.73
-0.3%
Rand - Pond
24.51
-0.3%
Rand - Euro
21.06
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.81
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.6%
Platinum
997.86
-1.5%
Palladium
1,368.02
-2.7%
Goud
1,964.41
+0.3%
Silwer
23.53
+1.5%
Brent-ruolie
73.54
-4.8%
Top-40
69,998
-1.3%
Alle aandele
75,068
-1.2%
Hulpbronne 10
67,512
+0.7%
Industriële 25
102,774
-2.9%
Finansiële 15
14,415
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkellopende man opsoek na sy prinses.
Tall dark and handsome 😆 my profiel foto is onlangs geneem. Nie sleg vir 44 nê? Afrikaans. Hou van goeie musiek, Netflix, kosmaak, braai en lekker kuier. Ek geniet...
Soek lewensmaat
Ek is n dame met n goeie hart. Moeg Vir seer kry. Wil net gelukkig wees en iemand Om mee n lewens pad te stap
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot