Hulle meen die wetgewing hou nie genoeg gevolge vir oortreders in nie en dat dit boonop die ekonomie kan knou, iets wat Suid-Afrika kwalik kan bekostig.
Die jongste weergawe van die wetsontwerp oor klimaatsverandering wat me. Barbara Creecy, minister van bosbou, visserye en omgewingsake, vroeër vanjaar in die Staatskoerant afgekondig het, streef daarna om ’n meganisme te wees waardeur Suid-Afrika werkbare oplossings vir die probleme van klimaatsverandering kan ontwikkel.
Dit wil op lang termyn help met die land se oorgang na ’n lae-koolstof- en klimaatvriendelike ekonomie en samelewing. Talle partye meen egter die wetsontwerp slaag nie in een hiervan nie.