AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Koue Kaapse winter die regte medisyne

akkreditasie
Die afgelope winter met sneeu op die berge, koue en genoeg re?n later in die seisoen laat graan-, wingerd- en vrugteboere breed glimlag. Die foto is vroeg in Junie in die Swartland geneem. Foto: Amelia Genis
Die afgelope winter met sneeu op die berge, koue en genoeg re?n later in die seisoen laat graan-, wingerd- en vrugteboere breed glimlag. Die foto is vroeg in Junie in die Swartland geneem. Foto: Amelia Genis
Al werk die bye nie te waffers as dit so koud is nie, is boere en navorsers dit eens dat die afgelope koue Kaapse winter meestal voordele vir koring, gars, wingerd en vrugtebome inhou.

“Vir my was die winter baie goed: Lekker nat en koud. Ek het lanklaas die damme so vol en die berge met so baie sneeu gesien. Ons dekgewasse groei dat dit klap en die wingerd se grondwatervlakke is mooi vol,” sê mnr. Johan Reyneke van Reyneke Wyne by Stellenbosch.

“Die koue help ons met meer egalige bot (en by implikasie meer egalige rypwording) en onderdruk ook tot ’n mate siektes en plae. Die wingerd spring dus goed weg en dit lyk na ’n belowende seisoen wat voorlê.”

Dr. Christien Engelbrecht, ’n wetenskaplike in die Suid-Afrikaanse Weerdiens se langtermynvoorspellingsgroep, sê vanjaar se natter en koeler weer kan toegeskryf word aan ’n groter frekwensie en intensiteit van fronte as in die vorige paar jaar.

Al het die fronte eers laat in Mei begin, het hulle vanjaar ook ’n meer noordelike pad gevolg. Dit het die fronte goed oor die land laat inbeweeg.

Hulle is nog nie seker watter klimatologiese faktore dié gedrag van die fronte aangedryf het nie.

Vanjaar se winter is ’n maand laat in die graangebiede, maar die koue winter het die koring tyd gegee om te stoel.

Dr. Johann Strauss, wetenskaplike oor volhoubare gewasstelsels by die Wes-Kaapse departement van landbou, sê ’n vinnige kykie na die data toon dat vanjaar se winter die koudste sedert 2011 in die Swartland was.

“Dit veroorsaak dat die koring stadiger ontwikkel en die plante kans kry om meer syhalms te vorm. Dit skuif die opbrengspotentiaal op.”

Hy glo goeie oeste kan verwag word omdat daar tot dusver nie vogstremming laat in die seisoen is nie. “Ons is vanjaar geseën met koue, voldoende vog en ’n koel nat September, wat die seisoen gerek het en korrelvulling bevorder.”

Mnr. Manfred Venter, Wes-Kaapse streeksakkerboukundige by AB InBEv, sê die natter en koeler toestande gedurende korrelvul is gunstig om lae korrelstikstof en hoë vetkorrel by moutgars te bewerkstellig.

Wingerde en bome moet rus

Winterdormansie speel ’n belangrike rol in die druiwesiklus, sê me. Corlea Fourie, wynmaker van Bosman Wingerde by Wellington. “Die belangrikste uitkoms is gelyke bot in die lente en ’n goeie lentesiklus wat ’n meer homogene oes tot gevolg het, veral vir gevoelige kultivars soos Chardonnay.”

As dit nie lank genoeg koud genoeg is nie, kan wingerde in die winter bot, sê Fourie. “Sodoende word belangrike reserwes wat die stok in die lente nodig het, vermors. Dit klink amper te eenvoudig, maar goeie winters het goeie groeiseisoene tot gevolg.”

Mnr. Daan Brink, tegniese raadgewer vir die Two-a-Day-groep by Grabouw, sê die winter is vanjaar beter. Hoewel dit nog vroeg is, verwag hy ’n goeie kernvrugseisoen. “Met die laat koue en geen hittegolwe is die bome rustig. Die reën het daarom nie ’n ongunstige invloed nie. Ongelukkig werk die bye sleg in koue, nat weer.” 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is iemand wat redelik aktief is, maar sal graag 'n koffie vir jou ook maak.
Ek is friendlik, liefdevol en hou van nuwe mense ontmoet en hou van vriende maak. Ek gym gereeld en doen ook gereeld hiking maar kan ook 'n goeie fliek geniet. Ek is nog...
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot