
Mnr. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê volgens
terugvoering wat hulle van hul lede ontvang het, het velddamme by Oudtshoorn
danksy die reën in ’n kort tyd volgeloop. Een boer het 60 mm reën binne ’n uur
ontvang.
In Riviersonderend se wêreld reën dit steeds en ’n boer daar het reeds 70 mm gekry.
Hy sê die reën skep ’n goeie vooruitsig vir landbougemeenskappe in die Overberg. “Dit is altyd effens makliker om in die Overberg te boer as ons goeie vroeë herfsreën kry. Daar is van 50 mm tot 100 mm gemeet. Dammetjies sou water gekry het.
“Geen ernstige skade is sover aangemeld nie. In die spitsstadium van die neerslag gistermiddag was daar wel hoofpaaie wat nogal taamlik onder water was.
“Ons is baie dankbaar vir die inloop in die Stompdrift- en Kamanassiedam by Oudtshoorn en ook verheug oor die Overberg se reënval vroeg in die seisoen.”
Volgens hom is teeprodusente in die provinsie egter nie so bly oor die reën nie.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.