AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

KYK! Hael slaan gewasse binne minute tot teen die grond

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hierdie aartappels van mnr. Fanie van Jaarsveld van die distrik Vivo is binne minute teen die grond geslaan
Hierdie aartappels van mnr. Fanie van Jaarsveld van die distrik Vivo is binne minute teen die grond geslaan
’n Erge haelbui het gister oor dele van Limpopo beweeg en sommige boere se totale gewasaanplantings binne minute teen die grond geslaan.

Een van die gewasse waarvoor erge skade aangemeld is, is aartappels. Aartappelaanplantings op onder meer Alldays, Vivo, Waterpoort, Marken en Dendron is beskadig. Die totale omvang van die skade is nog nie bepaal nie.

Volgens mnr. CT van der Merwe, uitvoerende hoof van AL 3, het ongeveer 60 ha van hul aartappels op Dendron skade gekry. “Hierdie aartappels was al volwasse en na aan die doodspuitstadium. Daar gaan dus opbrengsverliese wees, maar nie ’n totale verlies nie.”

Die volumes op die varsproduktemarkte was baie laag weens produksieprobleme in die Wes-Vrystaat en Limpopo, wat nou pas begin oes het. Hierdie lae volume het hoë pryse tot gevolg gehad en die bedryf het voorberei op ’n terugkeer na normale volumes namate produsente van Limpopo hul oeste begin lewer. Van der Merwe reken egter dat hierdie haelbui die volume ’n verdere knou sal gee tot minstens einde Oktober. “Ons behoort teen middel Oktober die werklike omvang van die skade te bepaal.”
hael
Aartappels is tot teen die grond geslaan in die distrik Vivo. Foto: Fanie van Jaarsveld
hael
Aartappels is tot teen die grond geslaan in die distrik Vivo. Foto: Fanie van Jaarsveld
hael
'n Spilpunt is ook beskadig. Foto: Fanie van Jaarsveld
hael
Damme water en hael lê in die pad na die haelbui by Vivo verby is. Foto: Fanie van Jaarsveld

Hoë prys duur voort

Volgens Van der Merwe het die hoë prys die afgelope vier weke sommige produsente laat besluit om aartappels effens vroeër as normaal uit te haal. Dit sal binne die volgende twee tot drie weke op die markte wees.

Mnr. David Nel, ’n direkteur en hoof van aartappelverkope by Grow Mark-agente, glo hierdie skade kan volumes tot einde Desember nadelig beïnvloed. “Ons behoort teen Vrydag (8 Oktober) ’n beter aanduiding van Aartappels Suid-Afrika te hê, maar die skade is wydverspreid. Dit is nou onwaarskynlik dat die prys sal normaliseer.”

Volgens mnr. Willie Jacobs, uitvoerende hoof van Aartappels Suid-Afrika, is aartappels in verskillende groeistadiums beskadig. “Die probleem is dat produksie-uitgawes selfs op die beskadigde landerye nie nou eensklaps opgeskort kan word nie, want die beskadigde landerye hou ’n groot siekte-risiko in vir die aartappels wat nie beskadig is nie. Daar is egter produsente wat hul ganse aanplanting verloor het. Ons sal teen Vrydag 8 Oktober met die produsente van Limpopo vergader en ons behoort teen middel Oktober ’n duidelike beeld uit die satelliet-data te hê oor die omvang van die skade.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie om te bied niemand om mee te deel.
Ek is n ongekompliseerd man wat net opsoek is na goeie geselskap en moonlike geluk in die toekoms dis al.
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot