AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8938
0,00
CORN
17 Aug
-
4038
0,00
SOYA
17 Aug
-
8745
0,00
SUNS
17 Aug
-
10638
0,00
WEAT
17 Aug
-
7064
0,00
WMAZ
17 Aug
-
4261
0,00
YMAZ
17 Aug
-
4222
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

KYK! KZN: Oorstromings, swaar reën tref hawe, boerderye hard

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Shongweni se Marketweg-pad het weggespoel. Foto: Verskaf deur KwaNalu
Shongweni se Marketweg-pad het weggespoel. Foto: Verskaf deur KwaNalu
Dele van KwaZulu-Natal het groot skade gely weens swaar reën en oorstromings.

Die binneland en kusgebiede in die noorde en suide van KwaZulu-Natal het groot skade gely weens swaar reën en oorstromings, sê me. Sandy la Marque, uitvoerende hoof van die KwaZulu-Natalse landbou-unie (Kwanalu). Verdere skade word steeds aangemeld.

Sy sê weens ernstige skade aan infrastruktuur, veral paaie en brûe, is die beweging van goedere en dienste tans baie beperk. Toegang tot aflewerings- en afhaalpunte vir tydsgevoelige landbouprodukte en -voorrade, veral spesifieke insette wat deur Durbanhawe ingevoer moet word, sal volgens haar ’n regstreekse impak op die landbousektor hê.

La Marque sê alles moontlik moet gedoen word om te verseker dat voedselsekerheid, indiensneming en die vloei van goedere en dienste in die provinsie kan voortgaan.

Durbanhawe

Die gure weersomstandighede het ook ’n impak op Transnet se bedrywighede by Durbanhawe. Swaar reën het die paaie wat na die hawe lei, beskadig. Dit belemmer toegang tot die terminale.

Luidens ’n verklaring deur Transnet is bedrywighede by die hawe se terminale gister om 19:30 as voorsorgmaatreël opgeskort. Verskeping is ook tot verdere kennisgewing opgeskort.

Intussen is ’n multidissiplinêre bevelsentrum bestaande uit die Transnet-hawe-owerheid, operateurs en kliënte op die been gebring. Transnet se kliënte is versoek om vir eers nie vragmotors na die hawe te stuur nie om opeenhopings te vermy.

Terminale in Richardsbaai word op beperkte kapasiteit bedryf weens vloede. Luidens die verklaring sal Transnet Freight Rail se ingenieurspan die omvang van skade by dié terminale beoordeel voor dit weer op volle kapasiteit bedryf word.

“Die veiligheid van Transnet se personeel bly die grootste prioriteit. Alle belangrike veiligheidinspeksies sal onderneem word voor werksaamhede ten volle hervat sal word om te verseker dat toerusting en infrastruktuur veilig vir gebruik is.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.66
-1.6%
Rand - Pond
20.08
-1.2%
Rand - Euro
16.96
-1.7%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,763.50
-0.7%
Silwer
19.81
-1.6%
Palladium
2,144.66
-0.7%
Platinum
928.75
-1.0%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.4%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp. Geniet netjiese tuin. Ek hou van mense wat intelegent gesels wat oop is vir redenasies, wat nie in...
Looking for my soulmate
I am a divorced lady, i am still looking for the one. I am a mommy of two furbabies, they are my life, they are my kids. I am very family orientated. I am not interested in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot