AFGRI
BEAN
08 Des
-
7480
-159,00
CORN
08 Des
-
3700,2
-31,80
SOYA
08 Des
-
7509
-125,00
SUNS
08 Des
-
9338
-203,00
WEAT
08 Des
-
6160
-32,00
WMAZ
08 Des
-
3500
-34,00
YMAZ
08 Des
-
3544,2
-35,80
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

KYK! Noord-Kaapse boere verheug oor reën

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Jan-Hendrik Swiegers sê die distrik Murraysburg se reënval het gewissel van 5 mm tot 20 mm. Foto: Jan-Hendrik Swiegers
Mnr. Jan-Hendrik Swiegers sê die distrik Murraysburg se reënval het gewissel van 5 mm tot 20 mm. Foto: Jan-Hendrik Swiegers
Sosiale media gons van gisteraand af met foto’s en video’s van plasse water en riviere wat afkom ná gedeeltes van die Noord-Kaap hul eerste noemenswaardige reënval in ’n lang tyd gehad het. Die Visrivier is een van die riviere wat vir die eerste keer in jare weer loop.

Volgens Agri Noord-Kaap het van 5 mm tot 80 mm reën oor groot gedeeltes van die provinsie geval. Op Reënval in SA se Facebookblad is verskeie plasings gedeel met metings en getuienisse van mense wat sê dat dit die eerste keer in jare is dat hulle reën sien.

Mnr. Wimpie Steenkamp, voorsitter van die Suid-Roggeveld se landbou-unie, sê hy het baie goeie reën, 43 mm, op sy plaas by Calvinia gehad. “Ek het sulke leegtetjies wat so loop, so ek kry nou bietjie langer nat. Ek is erg dankbaar, die dankbaarheid loop vanmôre oor!”

Reënval Oktober Noord-Kaap
Bron: Agri Noord-Kaap

Mnr. Wilhelm Steenkamp van Williston, wat ’n video gedeel het van ’n watermassa wat oor ’n leegte agter sy plaashuis verbygeloop het, vertel hy het sedert Woensdag 52 mm reën op sy plaas gehad. “Ek is baie dankbaar en baie bly daaroor. Die wêreld is mooi nat.”

Mnr. Carlo Nolte van Victoria-Wes sê op Loxton en Victoria-Wes was die gemiddelde reënval sowat 10 mm terwyl die reënval op Carnarvon, Brandvlei en Loeriesfontein sowat 30 mm was. Mnr. Jan-Hendrik Swiegers sê die distrik Murraysburg se reënval het gewissel van 5 mm tot 20 mm.

Mnr. Jan Visagie op sy plaas Rooipoort in die Sutherland-distrik. Daar het 38 mm reën op dié plaas geval. Foto: Sybil Visagie.
Mnr. Carlo Nolte van Victoria-Wes sê op Loxton en Victoria-Wes was die gemiddelde reënval sowat 10 mm. Foto: Facebook/Reënval in SA/Annanda van Leeuwen
Me. Nestie Smit van die plaas De Nek sowat 74 km buite Williston sê dit het vroeg gisteraand drup-drup by hulle begin reën. Teen vanoggend het 25 mm reën geval. Foto: Nestie Smit
Rooipoort Sutherland
Die Rooipoort-plaas in die Sutherland-distrik. Foto: Sybil Visagie

Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê dié organisasie, Agri Noord-Kaap en die landbougemeenskap in die Noord-Kaap is baie opgewonde oor die reën wat geval het.

“Baie plase in hierdie provinsie gaan gebuk onder finansiële laste en die boere word verswelg deur skuld. Baie plaaswerkers het ook hul werk verloor en landelike gemeenskap trek swaar vanweë die uitmergelende droogte.

“Ons hoop die reën sal weer vir hulle hoop bring. Ons hoop die reën sal die boere aanspoor om voort te gaan met hul landbou-aktiwiteite, dat hul kuddes sal herstel en dat hulle weer meer werkgeleenthede sal kan voorsien.

“Ons is bitter dankbaar vir die lekker reën wat geval het. Opvolgreën is nodig, want die ondergrondse waterbronne is ook uitgeput en dit sal tyd kos vir die veld om te herstel.”

Mnr. Willem Symington, adjunkvoorsitter van Agri Noord-Kaap en skaapboer van Williston, sê al het dit op partykeer plekke meer as ander gereën, is almal vreeslik dankbaar vir die reën wat wel geval het.

“Ons besef dat dit nie die einde van die droogte is nie, maar dit was jare laas dat sulke wydverspreide reën geval het, so ons hoop regtig dat dit die begin van ’n beter reënvaltydperk sal wees en verligting sal bring.

“Ons moet maar onthou dat ons veld geweldig seergekry het in die afgelope jare se droogte. Dit het nie groen veld gereën nie en dit het ook nie geld gereën nie. Die skape wat dood is of verkoop is weens die droogte het ook nie terug gereën nie, maar iewers moet die herstel begin. Ons hoop dat dit nou die begin van die herstel sal wees.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.72
+0.8%
Rand - Pond
20.81
+0.8%
Rand - Euro
17.84
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.28
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Goud
1,784.28
0.0%
Silwer
22.43
-0.3%
Palladium
1,855.00
+0.1%
Platinum
961.50
+0.4%
Brent-ruolie
75.44
+3.1%
Top-40
65,993
-0.8%
Alle aandele
72,404
-0.7%
Hulpbronne 10
68,624
-2.1%
Industriële 25
95,800
-0.2%
Finansiële 15
14,289
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Farmboy73
I am a mature, down to earth man. I am a bit shy when I first meet people but all that disappear once I get to know them. I am a Christian man and Jesus comes first in my life....
Opgewekte boskind!!
I am fun to be with and am full of joy! Painting is my favorite hobby and I also enjoy dancing!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot