AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
12 Nov
-
53,56
-0,07
Beeste AB2/3
12 Nov
-
51,91
-0,45
Beeste B2/3
12 Nov
-
49,04
-0,89
Beeste C2/3
12 Nov
-
46,15
0,38
Bevrore Hoender
12 Nov
-
29,34
0,37
Bokkies (onder 30 kg)
12 Nov
-
66,06
-1,00
Bokooie
12 Nov
-
46,92
1,10
Groot (meer as 40 kg)
12 Nov
-
39,53
-1,69
Hoender (IQF)
12 Nov
-
27,78
1,63
Medium (30-40kg)
12 Nov
-
54,15
0,97
Pork Average
12 Nov
-
27,78
-0,41
Poultry Average
12 Nov
-
29,22
0,77
Skaap A2/3
12 Nov
-
84,63
-0,14
Skaap AB2/3
12 Nov
-
75,86
0,10
Skaap B2/3
12 Nov
-
72
0,11
Skaap C2/3
12 Nov
-
69,61
-0,41
Speenkalf
12 Nov
-
40,08
-1,39
Spekvarke
12 Nov
-
29,62
0,34
Stoorlammers
12 Nov
-
45,41
-0,52
Varkwors
12 Nov
-
22,96
-0,51
Vars Hoender
12 Nov
-
30,54
0,29
Vleisvarke
12 Nov
-
27,62
-0,45
Wol (skoon)
12 Nov
-
167,2
-2,88

KYK! Riviere, watervalle in mielielande

akkreditasie
Reënwater loop soos 'n rivier uit landerye op 'n plaas in die distrik Hertzogville. Foto: Ilze Groenewald
Reënwater loop soos 'n rivier uit landerye op 'n plaas in die distrik Hertzogville. Foto: Ilze Groenewald
Boere in die Sentraal- en Wes-Vrystaat probeer planne beraam om in hul mielielande te kom nadat 70 mm en meer vandeesweek binne twee dae oor onder meer die distrikte Hertzogville, Hoopstad en Bloemfontein uitgesak het.

Dié reën het gevolg op swaar neerslae in Januarie. Sommige boere in die distrik Hertzogville het sedert die begin van die jaar al meer as 300 mm gemeet. Ná die jongste neerslae loop die water uit die landerye omdat die grond versadig is, sê mnr. Gys Olivier, voorsitter van Agri-Hertzogville. “Ons is ongelooflik dankbaar vir die reën. In sommige landerye is groot versuipskade, terwyl ander dele ’n mooi oes kan lewer. Ons verwag ’n mooi en groot oes. Ons gaan nou net planne moet beraam saam met die munisipaliteit om die paaie te herstel sodat ons die mooi oes in die silo’s kan kry.”

reën,
Water staan oor die pad na dit uit mielielande by Hertzogville gespoel het. Foto: Ilze Groenewald
reën,
Water wat uit die landerye spoel loop oor 'n pad in die distrik Hertzogville. Foto: Ilze Groenewald
reën,
Water wat uit die landerye spoel loop oor 'n pad in die distrik Hertzogville. Foto: Ilze Groenewald

Me. Tania Groenewald, van Blomplaas in dié distrik, sê van hul mielies wat besig om saad te skiet, is al 1,9 m hoog. “Die landerye is so nat dat ons nou net met ’n hommeltuig na die lande kan kyk. Op sommige plekke sien jy die water loop, op ander hoor jy dit net dieper in die landery in. Ons is ongelooflik dankbaar vir die reën.”

Me. Ilze Groenewald, ook van die distrik, sê hulle het Dinsdagaand baie swaar reën gehad en sedertdien loop die water soos rivier en watervalle uit van hul mielielande. “Ek is nie seker hoeveel reën dit was nie.”

Die Krugersdrifdam tussen Bloemfontein en Dealesville loop sedert Donderdag oor sy walle. Die water is op pad na die Gariepdam. Die Gariepdam is vandag 114% vol, maar die inloop van die Oranjerivier in die dam is vandag hoër as die uitloop. Daarom gaan die vlak die naweek na verwagting weer styg, sê me. Annette Steyn, die DA se skaduminister van landbou. Sy en haar man Abraham boer in die distrik Venterstad naby die dam.

Kommer oor oorstromings

Mnr. Jors van der Westhuizen, ’n boer van die distrik Grootdrink in die Benede-Oranjerivier, sê hulle was gister bekommerd oor die stygende vlak van die rivier, maar vandag het dit gestabiliseer. Waar die vloedwalle reggemaak is, moet die water nog 1,8 m styg om in die boorde te kom, maar waar die vloedwalle nog nie herstel is nie, moet die water slegs sentimeters styg voor die rivier oor sy walle breek.

“Ons is bekommerd dat as daar nog baie water in die stroom inkom, kan oorstromings voorkom.”

Die Benede-Oranjerivier het in 2011 erge oorstromings ervaar. Tien jaar later is al die vloedwalle langs die rivier nog nie herstel nie. Me. Thoko Didiza het onlangs gesê die saak sal voorkeuraandag geniet.

Van der Westhuizen boer met rosyntjie- en wyndruiwe langs die rivier. Die omgewing is ook een van die land se vernaamste tafeldruifproduksiegebiede.

Van die boere langs die rivier probeer walle stoot om te voorkom dat die rivier hul plase, landerye en boorde oorstroom.

Benede-Oranjerivier
Boere van Grootdrink hou die vlak van die Benede-Oranjerivier met arendsoë dop. Foto: Jors van der Westhuizen

Sonskyn voorspel

Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê suid van Bloemfontein loop water nou al 10 dae uit van die boere se landerye. Met grondwatervlakke wat versadig is, maak selfs 20 mm reën nou ’n reuseverskil.

Van den Berg sê in die volgende week is reën oor die noordoostelike dele van die land moontlik, wat die invloei in die Vaaldam en verder af in die Vaalrivier kan beïnvloed. Dié water sal by Douglas by die Oranjerivierstelsel aansluit.

“Reënerige toestande sal na verwagting van Sondag af oor die sentrale dele van die land begin opklaar met ’n week van sonnige somerweer wat sal voorlê.”

Olivier sê hoewel hulle ongelooflik dankbaar is vir elke druppel reën “sal ons nou kan doen met so paar duim se sonskyn.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dalk vind ek jou - my "Droomvrou".
My eie strewe na n mens wat stabiliteit, opregtheid en lojaliteit met n positiewe en gesonde uitkyk uitstraal, moet ook vanuit jou weerspieel. Lekker ontspanne geselsskap met n...
Ek soek na jou
Ek is 'n goeie luisteraar en help graag ander mense. Ek het 'n goeie hart en wil dit graag met iemand deel wat dit sal waardeer. Ek hou van dans en spandeer baie tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot