AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Vreugde groter as skade ná hael in Wes-Kaap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Alhoewel meeste vrugteprodusente in die Koue-Bokkeveld reeds begin het om nette oor hul vrugteboorde aan te bring, is daar steeds boorde wat nie teen die hael beskerm is nie. Hierdie vrugte is in ’n donderbui op 22 Desember in die Koue-Bokkeveld beskadig. Foto: Verskaf
Alhoewel meeste vrugteprodusente in die Koue-Bokkeveld reeds begin het om nette oor hul vrugteboorde aan te bring, is daar steeds boorde wat nie teen die hael beskerm is nie. Hierdie vrugte is in ’n donderbui op 22 Desember in die Koue-Bokkeveld beskadig. Foto: Verskaf
Wes-Kaapse vrugte- en groenteboere het ’n potensiële ramp vrygespring toe groot donderbuie meer voordeel as skade gebring het.

Wes-Kaapse vrugte- en groenteboere het ’n potensiële ramp vrygespring toe groot donderbuie meer voordeel as skade gebring het. In die Koue Bokkeveld het meer as 100 mm reën in minder as 60 minute in verskillende donderbuie uitgesak. Die donderbuie het met hael gepaard gegaan en skade aan 300-500 ton vrugte aangerig.

Volgens mnr. Heinie du Toit, voorsitter van Agri Witzenberg, het die reën meer voordeel vir die streek ingehou as die skade wat dit aangerig het. “Uiteraard is daar individuele produsente wat skade gely het en dit is jammer. Die aanvanklike skatting dui daarop dat daar op sommige plase haelskade van 5-10% aan appels was. Gelukkig het baie van die produsente reeds ’n groot deel van hul vrugte onder nette, wat die skade verminder het.

Uie onaangeraak

“Daar is groenteboere wat reeds uie opgetrek het, maar die reën het gelukkig nie veel skade aangerig nie,” sê Du Toit. “Dit het bloot meegebring dat ons pompkoste vir besproeiing bespaar en dit is ’n welkome verligting.”

Teen die hange van Tafelberg in die Koue Bokkeveld het meer as 100 mm binne ’n uur geval, maar net 5 km verder het slegs 5 mm uitgesak. 

Volgens Du Toit word ’n bogemiddelde appel- en peeroes uit die streek verwag. Daarbenewens word ook voorspel dat die bemarkingsomstandighede en verwagte prys die komende seisoen goed daar uitsien.

Skade aan sitrus

Op Twaktuin by Citrusdal het meer as 34 mm reën binne ’n halfuur op 22 Desember geval, sê die eienaar, mnr. Robert Paterson. “Ons het gelukkig ons laaste nektariens op 21 Desember klaar geoes, anders sou ons skade gely het. Daar was egter hael in die donderbuie en ons Clementines het ’n bietjie skade opgedoen. Dit is nog te vroeg om te probeer bepaal wat die omvang van die skade is. Ek dink die nawels en mandaryne sal die skade weens die hael kan ontgroei.”

Daar is op 21 Desember begin om die eerste tafeldruiwe in De Doorns te oes en te pak. Volgens mnr. Jacques Beukes van Modderdrift het hulle gelukkig die donderbuie vrygespring. “Ons het slegs 1,5 mm reën gehad, wat geen skade aan die tafeldruiwe aangerig het nie. Die gehalte van die wingerd is die beste wat ek nóg gesien het, dus sou ek gehuil het as daar wel reën- of haelskade was.”

Hy sê die verswakte rand het hulle ’n welkome blaaskans gegee om die stygende logistieke koste teen te werk. “Die vraag na ons vrugte is goed, maar die prys bly traag om te styg. Die inflasie wêreldwyd eis sy tol.”

Noord-Kaap

Reën het sedert 20 Desember ook plek-plek in die Noord-Kaap geval, met verdere buie wat tot die einde van die week verwag word. Me. Janine Byleveld, bedryfsbeampte by Agri Noord-Kaap, sê die buie is wydverspreid, maar uiters wisselvallig. Reënval wissel met tot 80% tussen bure. “Daar is baie donderbuie en wind, maar dit lei nie noodwendig tot reënval nie.”

Reën is aangemeld by Britstown (0-60 mm), Prieska (9-34 mm), Soutrivier (3-34 mm), Griekwastad (20-75 mm), Colesberg (15-60 mm), Douglas (30-60 mm), Noupoort (44-70 mm), Richmond (20-75 mm), Vaalharts (12-60 mm), Postmasburg (10-25 mm), Kimberley (15-28 mm), Loeriesfontein (10-60 mm) en Fraserburg (3-55 mm).

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Maatjie vir n praat Jim
Eks eerlik opreg en het baie liefde wat ek kan bied hou van Kamp buielewe en sommer net rustig te verkeer
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot