AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

La Niña belowend vir Oos-Kaap boere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Reënbui val in die verte naby Middelburg in die Oos-Kaap. Foto: Fredalette Uys
'n Reënbui val in die verte naby Middelburg in die Oos-Kaap. Foto: Fredalette Uys
Sommige distrikte in die Oos-Kaap het verlede jaar begin deur aansoek te doen vir droogtehulp, terwyl ander aan die einde van 2021 aansoek gedoen het om hulp met oorstromings.

Die Oos-Kaap het in 2021 taamlik interessante weerpatrone ervaar, sê mnr. Garth Simpson, eienaar van die Facebook-blad Weather Guru en skakelbeampte van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in dié provinsie.

Temperature was beduidend laer as normaalweg. Graaff-Reinet het in Desember ’n gemiddelde maksimum temperatuur van 28 ? aangeteken, die laagste sedert 1995. Rekordreënval van 132 mm was grootliks hiervoor verantwoordelik, meen Simpson.

’n La Niña-weerstelsel, wat oor die algemeen natter toestande in Suid-Afrika tot gevolg het, kom op die oomblik voor.

Die meeste gebiede in die Oos-Kaap het in die laaste kwartaal van verlede jaar gemiddeld meer as 100 mm reënval aangeteken. Fort Beaufort het meer as 200 mm ontvang. Volgens Simpson het dit gelei tot lewensverlies en groot skade aan infrastruktuur.

Die weervooruitsigte vir die provinsie in 2022 – veral ten opsigte van die landbou – lyk belowend, meen mnr. Peter Cloete, president van Agri Oos-Kaap.

Hy sê boere in die Oos-Kaap is dankbaar oor die La Niña-siklus omdat talle jare se droogte hulle baie swaar laat kry het. “Hoewel ons baie dankbaar is, bring La Niña ’n reeks ander probleme. Sommige distrikte wat aan die begin van die jaar aansoek gedoen het om droogtehulp, doen aan die einde van die jaar aansoek om hulp met oorstromings.”

Enige boerdery kan een seisoen van uiterste weertoestande hanteer en bestuur, sê Cloete. “Dit raak ’n probleem wanneer dit begin strek oor tydperke van vyf tot sewe jaar. Dan het dit weer ’n disproporsionele impak op teelpatrone en die finansiële gesondheid van boerderye. Op die oomblik het niemand ’n surplus produkte om te verkoop of uit te voer nie en daarom gaan hulle miskien sukkel om hul balansstate te balanseer.”

Ten spyte hiervan meen Cloete dat ’n nat seisoen beter as ’n droë seisoen is. “Ja, daar is ook probleme wat met natter weer verband hou. Maar op die ou einde weeg die voordele van ’n nat seisoen heelwat swaarder op teenoor dié van ’n droë seisoen.”
Beervleidam
Die Beervleidam is vol water na goeie reën. Dié dam se doel is om vloedwater te beheer. Dis nie 'n opgaardam nie. Foto: Fredalette Uys
reën,
Plasse water het aan die einde van 2021 langs die pad (N9) tussen Aberdeen en Willowmore gestaan na goeie reën in die gebied, waar dit tot einde 2021 nog vreeslik droog was. Foto: Fredalette Uys
Fort Beaufort nette
Beskadigde vrugtenette by Fort Beaufort na ’n wind- en haelstorm aan die einde van 2021 verwoesting gesaai het in die distrik. Foto: Fredalette Uys
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.30
+1.4%
Rand - Pond
21.36
-0.1%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.84
-0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,808.43
+0.6%
Silwer
23.28
+0.6%
Palladium
1,903.96
+0.2%
Platinum
1,025.50
+0.5%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
0.0%
Alle aandele
74,323
0.0%
Hulpbronne 10
74,020
0.0%
Industriële 25
91,592
0.0%
Finansiële 15
15,398
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot