AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Laaste van La Niña kan gunstig wees vir reën van Maart tot Mei

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Goeie neerslae kan van Woensdag tot volgende Dinsdag oor dele van Suid-Afrika uitsak, maar die risiko vir droogteskade by somergraan is hoog vir die volgende vier tot ses weke.

Korttermynvoorspellings is gunstig vir reën oor die grootste deel van die somergraangebied van Woensdag tot volgende Maandag en weer van 18 tot 24 Februarie. Voorspellings dui tans aan dat ten minste 20 mm tot 40 mm moontlik is oor Noordwes, die Vrystaat, die noordelike dele van die Oos-Kaap en die westelike dele van Limpopo, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. Meer as 40 mm kan tot 14 Februarie oor Gauteng, Mpumalanga, die oostelike dele van Limpopo, asook die hele KwaZulu-Natal voorkom.

“Verder weswaarts, oor die sentrale tot oostelike dele van die Noord-Kaap, sal neerslae na verwagting ligter wees met 10 mm tot 20 mm wat kan voorkom, met baie min reën oor die verre westelike dele. Min reën word ook verwag oor die sentrale tot suidelike dele van die Oos-Kaap, hoewel daar van 6 tot 8 Februarie ’n kans is vir 10 mm tot 20 mm.”

Tropiese storms en La Niña

Tropiese storms kan in die laaste deel van Februarie weer noordoos van Madagaskar ontwikkel en weswaarts nader aan Madagaskar en die Afrika-kuslyn beweeg wat droër toestande kan veroorsaak oor die binneland. Van den Berg sê tans is oppervlakwater noord van Madagaskar warmer as 30 °C, wat die ontstaan van tropiese versteurings kan stimuleer of versterk.

“Met baie onsekerheid oor voorspellings asook ten minste vier tot ses weke waar droogteskade kan voorkom by somergrane, is daar gedeeltes waar die risiko steeds hoog is,” aldus Van den Berg. “Die stelling kan gemaak word dat indien veral mielies tans in die pluimstadium of later is en daar het die afgelope week ten minste 50 mm voorgekom, is hierdie gebiede se risiko vir droogteskade klein, maar andersins is daar vir jonger grane ’n risiko teen einde Februarie en begin Maart.” 

Die somergraanoes is in die volgende maand tot ses weke in ’n baie belangrike fase van ontwikkeling. Tradisioneel word planttye van veral mielies so beplan dat die belangrike pluimvorming- en pitvulstadium van die laaste deel van Januarie en/of eerste deel van Februarie voorkom, want tradisioneel is dit die periode met die beste en mees betroubare reënval, veral oor die sentrale tot westelike dele van die gebied. “Met aanplantings wat vanjaar in baie dele twee tot drie weke later as normaal plaasgevind het as gevolg van droë toestande wat opgevolg is deur te nat toestande tydens die optimale planttyd, is die kritiese tydperk verleng en sal baie grane in Maart nog baie kwesbaar wees vir droë en warm toestande.”

Van den Berg sê hoewel die La Niña-stelsel nou oorgegaan het in meer neutrale toestande, kan die oorblyfsels van die stelsel steeds gunstige reëntoestande veroorsaak in die laaste deel van Maart tot aan begin Mei, maar dit kan dan te laat wees om droogteskade te voorkom.

Winterreëngebied

Op kort termyn is daar ’n moontlikheid van ligte reën van minder as 5 mm rondom 7 en 8 Februarie oor die Swartland en Weskus. Van 5 mm tot 10 mm is moontlik oor die sentrale gedeeltes, wat insluit die Wynland-distrik, asook ooswaarts oor die Overberg en Eden-distrik in die Suid-Kaap.

“Temperature gaan steeds afwisselend baie hoog wees, behalwe op dae met reën. Temperature op plekke soos die Paarl, De Doorns en Worcester kan van 33 °C tot 40 °C wissel in die volgende week tot tien dae,” aldus Van den Berg. “Oor die meer oostelike dele van die Overberg en die Tuinroete kan meer bewolkte toestande en matige temperature verwag word met meer gereelde ligte reënbuie.”
 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot