AFGRI
BEAN
10 Aug
-
9003
0,00
CORN
10 Aug
-
3985
0,00
SOYA
10 Aug
-
8727
0,00
SUNS
10 Aug
-
10323
0,00
WEAT
10 Aug
-
7058
0,00
WMAZ
10 Aug
-
4178
0,00
YMAZ
10 Aug
-
4167
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Landbou moet sterk staan in klimaatsverandering

akkreditasie
Die water staan by Ottosdal ná goeie reën. Nat toestande gaan na verwagting die somergraan-oes vertraag.  
FOTO: WILLEM VAN DER BERG
Die water staan by Ottosdal ná goeie reën. Nat toestande gaan na verwagting die somergraan-oes vertraag. FOTO: WILLEM VAN DER BERG
Dit is uiters belangrik dat die landbou in die konteks van klimaatsverandering belangriker moet word en sterk leierskap sal getoon moet word om dit te vermag, meen Agri SA.

Die land se nasionale aanpassingstrategie (NCCAS) vir die ingrypings en uitkomste om uitdrukking te gee aan sy verbintenis tot die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering het die groen lig gekry vir die toepassing daarvan.

Die regering, private sektor en plaaslike gemeenskappe het saamgewerk om die strategie te ontwikkel wat daarop gerig is om die kwesbaarheid van gemeenskappe, die ekonomie asook die omgewing ten opsigte van klimaatsverandering te verminder. Agri SA was ook nou betrokke by die voorbereiding van die strategie.

Goeie strategie

Mnr. Janse Rabie, hoof van natuurlike hulpbronne by Agri SA, sê die strategie is baie goed geformuleer met duidelike doelstellings en mylpale. “Dit neem die beleidsomgewing deeglik in ag en verstaan die verband tussen klimaatsverandering en die noodsaaklikheid van rampbestuur.”

Die landbousektor is deeglik bewus van klimaatsverandering as een van die grootste risiko’s vir die sektor. Boere ervaar die gevolge van klimaatsverandering eerstehands in onder meer seisoenale skommelings en wisselvallige plant- en groeiseisoene, gereelder en erger natuurrampe soos droogtes en vloede asook nuwe en voorheen ongekende peste en siektes wat met klimaatsversteuring verbind word.

Agri SA voel die departement van omgewingsake, bosbou en visserye en die opstellers van die strategie moet gekomplimenteer word vir die deelnemende wyse waarop oor die strategie gekonsulteer is. “Die insluiting van die private sektor, verskillende staatsdepartemente en buitelandse spesialiste dra by tot die gehalte van die strategie en ons hoop dat ander beplanningsdokumente en prosesse van die regering hierdie voorbeeld sal navolg.”

Dit is belangrik om daarop te let dat die NCCAS slegs toegespits is op aanpassingstrategieë (met ander woorde dit aanvaar die voorsiene gevolge van klimaatsverandering as gegewe). Die mitigasie-strategieë (hoe om klimaatsveranderinge te stuit en om te draai) is ewe belangrik en is die terrein waar Agri SA werklike ingrypende maatreëls verwag. Die gesprekke oor byvoorbeeld koolstofbelasting, alternatiewe en volhoubare energie en die beperking van koolstofdioksied, metaan en ander klimaatveranderende gasse lê nou voor. “Ons moet aanvaar dat die landbou en landboupraktyke ook daardeur geraak gaan word. Verbruikerspatrone en -behoeftes gaan hier ’n groot rol speel en die sektor moet daarvoor gereed wees.”

Versterk samewerking

Dit is van uiterste belang dat die landbousektor in geheel sal moet saamwerk om die probleme van klimaatsverandering aan te pak. “Daar is nie plek vir ideologiese of rassepolitiek wat betref die probleme wat vir ons wag nie,” sê Agri SA. “Gevestigde, kommersiële landbou-ondernemings en kleinskaalse opkomende boere is ewe belangrik vir Suid-Afrika en die streek se voedselsekerheid. Ons hoop dat die regering hierdie punt deeglik verstaan en sal onderskryf in sy beplanning vir en steun aan die sektor.”

Projekte

Luidens die NCCAS is daar in die watersektor projekte wat al begin is om die gevolge van klimaatsverandering te verlig, soos waterbewaring en die bestuur van die vraag na die bron deur tenke te plaas vir die oes van reënwater en bewusmakingsprojekte oor waterbesparing. Volgens opnames van Statisieke SA het 61% van die land se water na die landbousektor teen die middel van 2019 gegaan, 2,5% vir mynwese, 3% vir industriële gebruik en 2% vir kragopwekking. Altesaam 27% was beskikbaar vir die verbruik van die bevolking van meer as 60 miljoen mense.

Volgens die NCCAS is daar in die landbousektor projekte wat toegespits is op die bou van veerkragtigheid en kapasiteit by boere om hulle voor te berei op die verwagte klimaatsveranderinge. Daar was ook al projekte met die klem op oplossings vir infrastruktuur en die verspreiding van kennis en inligting.

Kleinboere in kwesbare gebiede was meestal die teiken van hierdie projekte. Bevordering van klimaatslim-landbou het reeds begin as ’n volhoubare manier om produksie te verhoog en die vrylating van kweekhuisgasse te verminder. Daar is ook biodiversiteit-projekte wat toegespits is op die herstel en rehabilitasie van ekostelsels. ’n Gesamentlike benadering wat gebruik word, is die ekostelselgebaseerde landbou wat die herstel van die ekostelsel behels en só kwesbaarheid van gemeenskappe verminder.

Aksies

Van die ingrypings om die landbousektor by te staan, sluit in die instel van doeltreffende klimaatslim- en landboubewaringspraktyke. Daar is volhoubare landboupraktyke wat in harmonie met die omgewing werk, produktiwiteit help verhoog en veerkragtigheid aanwakker om minder uitlaatgasse te verseker. Die aanpassingstrategie wil ook sien dat die sektor gehelp word om water volhoubaarder te bestuur. Dit sluit in die bevordering en subsidiëring van bewaringstegnologieë.

Ander planne sluit in die bevordering van voedseltuinprogramme op grond wat nie as landbougrond geklassifiseer is nie, om voedselonsekerheid en honger te verminder.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.60
-0.1%
Rand - Pond
20.06
-0.2%
Rand - Euro
16.96
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,790.01
-0.2%
Silwer
20.44
-0.5%
Palladium
2,214.00
-0.4%
Platinum
931.00
-0.7%
Brent-ruolie
96.31
-0.4%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Kom ons kyk...
Ek soek iemand eerlik. Opreg. Hardwerkend. Geen kans vaters nie. Moet nie my tyd mors nie. Ek hou van lag en gesels, opsoek na my lewensmaat. Die lewe is te kort ons moet...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot