AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Ligte reën oor winterreënstreek volgende drie weke verwag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die reën is skaars vanjaar, die gewasse is kort, ontwikkel ongelyk en die gronddamme is halfvol. Boere hoop die reën kom betyds om die oes te red. Foto: Amelia Genis
Die reën is skaars vanjaar, die gewasse is kort, ontwikkel ongelyk en die gronddamme is halfvol. Boere hoop die reën kom betyds om die oes te red. Foto: Amelia Genis
Ná ondergemiddelde reënval oor groot dele van die winterreënstreek die afgelope winter raak reën vir die streek se landbougewasse, veral wintergrane, uiters belangrik.

“Ons kort nog sowat 100 mm vir die seisoen. As ons dit betyds kry, kan ons nog kyk na ’n mooi oes op die lande,” sê mnr. Andries Theron, ’n boer van die distrik Moorreesburg. “Die afgelope weke was die graan se toestand basies dieselfde met die graan wat aan die lewe bly met die reën wat wel voorkom en hitte wat beperk is.

“Die wintergraan is in ’n kritieke stadium. Ons kort nou regtig reën met die koring wat in korrelvulstadium is en die kanola wat in die peulvulstadium is,” sê Theron. “Ons hoop regtig vir goeie neerslae nog in die komende weke.”

Mnr. Richard Krige, boer van die distrik Caledon en ondervoorsitter van Graan SA, sê hulle kort nog heelwat reën vir ’n goeie oes. Hoewel boere bekommerd is oor die huidige seisoen, is baie van hulle ook al besig om hul potlode skerp te maak vir beplanning rondom volgende seisoen. “Ons boer met een oog op die wolke en een oog op die berekeninge.”

Krige sê insetkoste in die Overberg is hoog en daarom moet boere beplan hoe hulle in komende seisoene daarop gaan bespaar en of hulle meer of minder gaan plant.

Droogtestremming en ligte neerslae

Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê met die minder as verwagte reën wat die afgelope twee weke voorgekom het, begin wintergraan plek-plek droogtestremming ervaar. “Dit is ook nou die periode waar die spits van waterverbruik bereik word en waterverliese van 3 mm tot 5 mm per dag kan beloop, veral met warmer en winderige toestande. Heelwat verdere reën sal benodig word tot ten minste middel Oktober aangesien die grondwaterstatus swak is.”

Van den Berg sê met die neerslae van 10 mm en minder wat die afgelope winter gereeld voorgekom het, het die bewolkte toestande gehelp om waterverliese te beperk.

Verdere ligte neerslae kan voorkom oor die Swartland, Rûens en Suid-Kaap van 18 tot 21 September, maar minder as 15 mm word verwag. Ligte reën is ook moontlik op 24 en 25 September en in die eerste week van Oktober.

“Redelik lae dagtemperature van 20 °C of laer kan voorkom, wat sal help dat evapotranspirasie nie te hoog is nie, maar dit kan ’n ongunstige invloed op produksie uitoefen,” sê Van den Berg. “Die ligte reën kan egter baie hoë lugvogtoestande tot gevolg hê en plantsiektes veroorsaak, veral in die volgende maand wanneer aarvorming plaasvind en pitte begin vorm en ryp word.”

Tans is die grondwatersituasie nog op ’n naaldpunt gebalanseer, maar die kans is goed dat droogteskade kan begin voorkom en opbrengste benadeel in veral die noordelike dele van die Swartland. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot