Die geskiedenis van weermodifikasie was taamlik onstuimig, maar vandag is dit ’n volwaardige wetenskap. Met al die reën wat groot dele van Suid-Afrika veral die afgelope somer gekry het, dink min mense tans aan die wetenskap van reënmaak.
Maar een ding is seker: Die droogtejare sal weer kom, feller as ooit tevore. Dit is dalk tyd vir die regering om weer geld vir ’n weermodifikasieprogram te bewillig.
In 2007 het ’n Suid Afrikaanse weernavorsingprojek ’n internasionale eerbewys ontvang. Destyds het dr. Deon Terblance van die SA Weerdiens op Bethlehem gesê weermodifikasie is ’n baie doeltreffende manier om watervoorraad aan te vul waar geskikte wolke teenwoordig is.