AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Min reën, hoë temperature voorspel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: JoRina Jonker
Foto: JoRina Jonker
Min reën en hoë temperature word vir die komende paar weke oor veral die somerreëngebied van Suid-Afrika verwag.

Reën het in die laaste week van September oor die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Suidkus van die Wes-Kaap voorgekom. Goeie neerslae het veral langs kusgebiede en die aangrensende binneland van die Oos-Kaap voorgekom, ook op plekke wat tot ’n paar maande gelede nog baie droog was. Goeie neerslae is onder meer by Oos-Londen (31 mm), Fort Beaufort (28 mm), Cradock (22 mm) en Queenstown (21 mm) aangeteken. In die Wes-Kaap het Struisbaai 37 mm en Stilbaai 14 mm aangeteken, met 27 mm by Margate in KwaZulu-Natal.

“Op kort termyn lyk toestande redelik ongunstig vir reën tot ten minste middel tot einde van Oktober, met ligte reën wat middel Oktober en in die laaste week van Oktober oor KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, gedeeltes van Mpumalanga en die aangrensende dele van die Oos-Vrystaat kan voorkom,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

“Die kans op reën oor die meer westelike en noordelike dele van die somerreënstreek lyk steeds ongunstig tot die eerste deel van November. Baie warm toestande kan die volgende paar weke voorkom, met temperature wat tot 40 °C kan styg oor die westelike en noordelike binneland.”

Wat neerslae oor die winterreëngebied betref, word baie min reën in die volgende twee tot drie weke voorspel, met ’n kans op ligte reën van 12 tot 14 Oktober, terwyl bewolkte toestande en reën ook van 16 tot 20 Oktober moontlik is.

Langertermynvoorspellings

Van den Berg sê hoewel aanvanklik voorspel is dat somerreën vroeër kon voorkom, het die gunstige toestande in die Indiese Oseaan weerstelsels nie soos verwag beïnvloed nie.

“Die La Niña-stelsel bly op swak tot matige vlakke. Dit is nie ongewoon dat die reënvalseisoen later kan begin tydens La Niña-verskynsels se teenwoordigheid nie. Onderliggend bly die toestande vir gemiddelde tot bogemiddelde reënval gunstig vir die midsomer. As daar teen middel November nog nie noemenswaardige reën oor die sentrale, maar veral oostelike dele van Suid-Afrika voorgekom het nie, kan daar rede tot kommer wees.”

Van den Berg sê gebeure in die winterreëngebied dui daarop dat die eerste jaar van ’n droër siklus nou besig is om af te speel. “Ver ondergemiddelde reënval het voorgekom vanaf veral Julie, maar die groot aantal reëndae met ligte neerslae en bewolkte toestande het gehelp om droogteskade op wintergrane te beperk tot teen die laaste deel van September. Die huidige warmer toestande, hoër waterverbruik, min opgegaarde grondwater en min reën veroorsaak egter dat groot skade tans aan grane kan voorkom.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.33
+0.8%
Rand - Pond
21.15
+0.6%
Rand - Euro
18.21
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,775.19
+0.4%
Silwer
22.51
+1.2%
Palladium
1,873.60
-0.2%
Platinum
995.58
-0.5%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,559
+0.0%
Alle aandele
74,696
0.0%
Hulpbronne 10
74,111
-0.9%
Industriële 25
91,513
+0.0%
Finansiële 15
15,798
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom. Ons skryf ons eie roman
Ek is Baie pisetiewe men's wat Al's Kan bied wat jy nie het nie kook goed braai leke kuier leke maak die beste koffie in die oggend
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot