Nadat swaar neerslae verlede week oor groot dele van Suid-Afrika voorgekom het, word heelwat minder reën tot ongeveer 28 Desember verwag. Die onlangse swaar neerslae oor die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga en Noordwes dra by tot stygende damvlakke in die Vaal- en Oranjerivierstelsel.
“Die verwagte minder reën tot ongeveer 28 Desember kan baie help om die risiko vir vloede ten minste tydelik te beperk,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.