AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Nat Paasnaweek oor groot deel van land verwag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustasie. Foto: Nell Kingwill
Ter illustasie. Foto: Nell Kingwill
Swaar reën kan oor die Paasnaweek en volgende week oor dele van die somerreëngebied voorkom.

Neerslae van 40 mm of meer kan van 15 tot 21 April oor veral die sentrale tot suidoostelike dele van die binneland voorkom. Die gebiede wat deur die neerslae geraak sal word, sluit in Noordwes, die oostelike dele van die Noord-Kaap, die Vrystaat, Gauteng, die suidelike dele van Limpopo, Mpumalanga en die noordelike dele van die Oos-Kaap. Oor dieselfde gebiede kan nog sowat 20 mm reën in die laaste week van April voorkom, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

Temparature gaan na verwagting in die komende weke laag wees met bewolkte toestande wat gereeld kan voorkom. Maksimum temperature van 20 °C tot 25 °C word vir die grootste deel van die somergraangebiede verwag, met minimum temperature wat na verwagting tussen 5 °C en 12 °C kan wissel.

“Die kans op swaar ryp is skraal voor einde April, maar met die huidige en verwagte temperature en bewolkte toestande gaan die groei van somergewasse byna tot stilstand kom,” aldus Van den Berg. “As voorbeeld, ’n maksimum temperatuur van 20 °C en ’n minimum temperatuur van 10 °C verteenwoordig slegs sowat vyf hitte-eenhede per dag. Die gemiddelde aantal hitte-eenhede vir April vir ’n plek soos Bothaville is ongeveer sewe eenhede per dag. Die verwagte hitte-eenhede vir April is dus ongeveer 30% ondergemiddeld.”

Van den Berg sê met plante se groei wat byna totaal tot stilstand kan kom, gaan die voorkoms van ryp eintlik irrelevant wees.

Gesaaides en vee

Volgens Van den Berg kan die nat toestande wat voorkom en nog verwag word, veroorsaak dat landerye te nat gaan word om te stroop, veral van sojabone en sonneblom wat nou stroopgereed is of in die volgende paar weke stroopgereed gaan word.

“Veeboere wat nou kaalgeskeerde skape het of ooie wat tans lam, moet baie versigtig wees vir skade. Baie nat en bewolkte toestande met lae temperature en wind kan groot skades veroorsaak, veral vanaf 15 tot 21 April asook in die laaste week van April.”

La Niña en die winterreënstreek

Intussen duur die La Niña-toestande voort in die Stille Oseaan en aanduiders soos die Suidelike Ossilasie-indeks het weer versterk in die afgelope paar weke. Aanduidings is daar dat dit verdere reën gaan bring oor groot dele van die somerreëngebied en die suidoostelike dele van Suid-Afrika tot so ver as die Suid-Kaap in die komende weke.

Wat reënval oor die winterreënstreek betref, sê Van den Berg dat frontale stelsels wat koue fronte na Suid-Afrika bring, nog nie sterk ontwikkel nie. Min reën word oor die winterreënstreek verwag tot einde April. ’n Frontale stelsel kan ligte reën na die Rûens en Suid-Kaap bring op 14 en 15 April. Die eerste werklike effektiewe winterreënval word in die tweede week van Mei verwag.

Die stelsel wat die ligte reën gaan bring, gaan temperature wel skerp laat daal oor die suidelike dele van die land. Maksimum temperature gaan onder 20 °C en minimum temperature onder 10 °C wees, maar sal herstel tot matige temperature van 16 April af.

* Intussen het die Suid-Afrikaanse weerdiens op 13 April 2022 volgens 'n verklaring aangedui dat reënbuie en donderstorms Vrydag oor die grootste gedeelte van die sentrale binneland verwag kan word. As gevolg daarvan is gelokaliseerde vloede asook hael en sterk winde, wat skade kan veroorsaak, in Noordwes, die Vrystaat, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal moontlik.

Saterdag sal wydverspreide reënbuie en donderderstorms oor die sentrale provinsies voortduur en versprei na die oostelike en noordoostelike provinsies met swaar buie wat oor die Noordwes, Vrystaat en Gauteng kan uitsak.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkellopende man opsoek na sy prinses.
Tall dark and handsome 😆 my profiel foto is onlangs geneem. Nie sleg vir 44 nê? Afrikaans. Hou van goeie musiek, Netflix, kosmaak, braai en lekker kuier. Ek geniet...
Kom ons kyk wat gebeur
Dit is so moeilik om jouself te beskryf. Ek kan jou wel se jy sal nooit weer iemand soos ek ontmoet nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot