AFGRI
BEAN
27 Mrt
-
9500
0,00
CORN
27 Mrt
-
4464
34,00
SOYA
27 Mrt
-
8165
28,00
SUNS
27 Mrt
-
8750
120,00
WEAT
27 Mrt
-
6343
0,00
WMAZ
27 Mrt
-
3858
17,00
YMAZ
27 Mrt
-
4055
28,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Nat somer steeds verwag vir die Oos-Kaap

akkreditasie
Ter illustrasie: Fredalette Uys
Ter illustrasie: Fredalette Uys
Ná die droogtetoestande wat dele van die Oos-Kaap maande en selfs jare lank in sy greep het, kan die Suid-Afrikaanse Weerdiens se vooruitskouing van ’n nat en koeler somer vir baie in dié provinsie ’n verligting wees.

Hoewel dele in die weste van die Oos-Kaap ’n goeie wegspring vir die somerreënseisoen gehad het, is dit steeds taamlik droog rondom Willowmore, Steytlerville, Jansenville en Aberdeen, asook die kusgedeeltes rondom Gqeberha, Alexandria en Port Alfred.

In die noordoostelike dele van die provinsie rondom Barkly-Oos, Dordrecht, Elliot en Maclear het boere tot dusver sedert die begin van die lente ver bogemiddelde reënval gemeet, wat probleme skep vir saaiboere wat lande moet voorberei, en probleme met staande water wat tot die uitbreking van insekoorgedraagde siektes en parasiete lei. Daarby is grondpaaie onbegaanbaar, terwyl verskeie brûe weggespoel het of beskadig is.

As gevolg van die El Niño Suidelike Ossillasie (ENSO) wat steeds ’n La Niña-staat handhaaf, is daar ’n groot kans dat Suid-Afrika as geheel kouer en natter toestande kan verwag, sê die weerdiens.

Hierdie voorspelde bonormale reënval behoort waterreservoirs in Suid-Afrika se somerreënstreke te bevoordeel. Hoewel die Gamtoosvallei die somerseisoen redelik droog begin het, met die Kougadam wat tans 18% vol is, meen die weerdiens dat die bonormale reënval dikwels genoeg sal voorkom om damvlakke redelik konsekwent te hou.

“Ons kan selfs damvlakke sien styg as die publiek en die kommersiële sektor aanhou om waterbesparingsmaatreëls te volg,” sê mnr. Hugh van Niekerk, ’n streeksbestuurder by die weerdiens, in die verklaring.

Die Gariepdam behoort ook bonormale reënval te ervaar wat sal verseker dat die dam goed bo 90% vol sal bly, sê Van Niekerk.

Die weerdiens waarsku egter dat die toename in reën die risiko vir vloede verhoog. “Hierdie nat toestande kan watergedraagde siektes en waterverwante beserings en ongelukke vererger. Mense word aangeraai om voorsorgmaatreëls te tref en die raad en aanbevelings van plaaslike owerhede volg.”

Die bonormale reënval behoort ’n gunstige impak op vee- en gewasproduksie hê. Boere word dus aangeraai om hul landerye vir plant voor te berei en om goeie grond- en waterbesparingsmaatreëls toe te pas. Hulle moet goeie dreineringstelsels vestig en water behoorlik opvang en opberg.

Van Niekerk sê die vooruitsig op reën sal minder gunstig wees oor die westelike dele van die Oos-Kaap teen die einde van die somer en met die oorgang na herfs.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.20
-0.2%
Rand - Pond
22.28
-0.2%
Rand - Euro
19.61
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.12
-0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Platinum
973.88
-0.3%
Palladium
1,408.49
+0.5%
Goud
1,970.35
-0.4%
Silwer
23.05
-0.8%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,688
+0.7%
Alle aandele
75,185
+0.7%
Hulpbronne 10
64,450
+0.2%
Industriële 25
102,441
+0.8%
Finansiële 15
15,335
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot