AFGRI
BEAN
01 Jul
-
8800
-80,00
CORN
01 Jul
-
4172
-95,00
SOYA
01 Jul
-
8560
-26,00
SUNS
01 Jul
-
10740
-57,00
WEAT
01 Jul
-
7464
-1,00
WMAZ
01 Jul
-
4454
-4,00
YMAZ
01 Jul
-
4396
-12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08

Nat week oor groot deel van SA voorspel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Erge hael het vir amper 15 minute by Edenville in die Vrystaat geval gistermiddag en selfs weiding weggeslaan. Foto: Pierre van Eeden
Erge hael het vir amper 15 minute by Edenville in die Vrystaat geval gistermiddag en selfs weiding weggeslaan. Foto: Pierre van Eeden
Neerslae van 20 mm en meer kan tot Saterdag oor dele van Noordwes, die Vrystaat, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Mpumalanga, Gauteng, die suidelike dele van Limpopo en die oostelike dele van die Noord-Kaap voorkom.

“Op plekke is neerslae van tot 40 mm of selfs meer moontlik,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. “Enkele buie is ook moontlik oor die noordoostelike dele van Namibië en die suidelike dele van Botswana. Die swaarste neerslae kan veral oor die Vrystaat voorkom.”

In dieselfde tydperk is ligte reën ook oor die Suid-Kaap moontlik. Dié reën kan in die eerste week van November verder wes tot sover as die Swartland uitbrei.

“Dit is nie goeie nuus vir die oesproses van koring nie, want die nat, vogtige en bewolkte toestande kan vinnig gehalteprobleme veroorsaak.”

hael,
Swaar hael het gistermiddag oor die distrik Edenville in die Vrystaat voorgekom. Pierre van Eeden, 'n boer in die distrik, sê hy het nog nie so iets beleef nie. Dit het vir 15 minute of langer aaneen gehael. Foto: Pierre van Eeden

Wat kan November bring?

Begin November verswak die kans op reën oor die somerreënstreek tot ongeveer die middel van die tweede week. Maksimum temperature oor die sentrale dele kan tot 30 °C en hoër styg, terwyl dit oor die westelike en noordelike dele van die streek tot 35 °C of selfs hoër kan styg.

“Die baie warm toestande gaan grond vinnig uitdroog, maar dit sal help dat grondtemperature warmer kan word sodat somergraanaanplantings kan plaasvind. Tans is grondtemperature in die algemeen te laag in die oostelike produksiegebiede waar aanplantings nou gedoen moet word. Die warmer toestande sal baie help om beter opkoms te verseker,” volgens Van den Berg.

In die laaste week van November word heelwat meer reën verwag, met baie reën wat in Desember oor die sentrale en oostelike dele van die land kan voorkom.

“Daarom moet somergraanaanplantings in veral die oostelike dele so gou moontlik gedoen word wanneer grondwatertoestande en temperature dit toelaat.”

Van den Berg raai boere aan om die droër en warmer toestande begin November te gebruik vir hooiproduksie.

La Niña?

Intussen het die La Niña-verskynsel wat na verwagting hierdie seisoen gaan heers, sterker begin ontwikkel as wat aanvanklik voorspel is.

“Dit lyk ook of die draaipunt (van dié stelsel) later bereik gaan word as wat in die 2020-’21-seisoen die geval was. Die sterker ontwikkeling, later draaipunt en gunstige seetemperature in die Indiese Oseaan kan bogemiddelde reënval oor groot dele van die land veroorsaak. Dit lyk egter of daar teen Februarie ’n midsomerdroogte oor die oostelike somergraangebiede kan wees,” aldus Van den Berg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.45
-1.0%
Rand - Pond
19.76
+0.3%
Rand - Euro
17.15
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.7%
Rand - Jen
0.12
-1.4%
Goud
1,787.64
-1.1%
Silwer
19.45
-4.0%
Palladium
1,915.60
-1.3%
Platinum
870.73
-3.0%
Brent-ruolie
109.03
-3.1%
Top-40
60,098
-0.0%
Alle aandele
66,130
-0.1%
Hulpbronne 10
62,337
-2.2%
Industriële 25
80,256
+1.1%
Finansiële 15
14,732
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil n spesiale mens ontmoet
Wil die land deurkruis, plekke sien en dit met iemand deel. Ek is redelik maklik en nie vol fiemies nie.
Old Fashioned Values - No Players Please
I'm fun, intelligent and have a great sense of humour. I am honest and very up front and have no secrets. Kind hearted and love family, music and the outdoors. I love...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot