AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9780,8
66,80
CORN
29 Mrt
-
4530
-10,00
SOYA
29 Mrt
-
8252
9,00
SUNS
29 Mrt
-
8750
90,00
WEAT
29 Mrt
-
6500
6,00
WMAZ
29 Mrt
-
3950
-40,00
YMAZ
29 Mrt
-
4053
-31,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Nog koue, reën en sneeu voorspel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ryp op die spinnerakke in die winter van 2020 by Edenville in die Oos-Vrystaat. Foto: Pierre van Eeden
Ryp op die spinnerakke in die winter van 2020 by Edenville in die Oos-Vrystaat. Foto: Pierre van Eeden
Hoewel warmer temperature die afgelope paar dae oor dele van Suid-Afrika begin voorkom het, gaan die kwik later vandeesweek weer daal.

Hoewel warmer temperature die afgelope paar dae oor dele van Suid-Afrika begin voorkom het, gaan die kwik later vandeesweek weer daal met ryp wat oor dele van die land kan voorkom.

Ligte reën word Woensdag vir dele van die winterreënstreek voorspel, met swaarder reën langs die Suid-Kaap. Volgens voorspellings kan sowat 10 mm oor dele van die Overberg en verder noordwaarts tot in die Tuinroete uitsak.

Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê verder teen die Ooskus op kan die baie droë gebiede, soos Gqeberha, Woensdag en Donderdag sowat 30 mm verwag, terwyl ligte neerslae van sowat 5 mm of minder oor die aangrensende binneland moontlik is. Swaarder neerslae van 10 mm tot 30 mm kan voor Vrydag oor die noordoostelike dele van die Oos-Kaap en groot dele van KwaZulu-Natal voorkom.

Die suidelike dele van die binneland kan van Woensdag af sterk dalings in temperature verwag, met ligte sneeu wat Vrydag in die omgewing van die Drakensberge moontlik is. Dagtemperature gaan oor bykans die hele Suid-Afrika daal van 16 tot 18 September, waarna dit weer heelwat warmer gaan word vanaf 20 September. Maksimum temperature bo 30 °C kan oor die noordwestelike dele van die land en veral in die noordelike dele van die Noord-Kaap verwag word van 22 September af.

Namate die frontale stelsel oor die land beweeg, word baie winderige toestande verwag, maar baie sterk winde kan veral Woensdag, asook Saterdag en Sondag oor veral die sentrale en westelike dele van die land voorkom.

Nog ryp, koue en winterreën?

Ligte tot matige ryp kan van Donderdag tot Saterdag oor die sentrale en suidelike dele van die Vrystaat, die oostelike dele van die Noord-Kaap en oor dele van die binneland van die Oos-Kaap voorkom. Distrikte wat geraak kan word, sluit in Bloemfontein, Fauresmith, Jacobsdal, Petrusburg, Prieska tot Colesberg, Aliwal-Noord en verder suidooswaarts tot by Queenstown en Cradock.

Van den Berg sê in dieselfde gebiede kan ligte tot matige ryp rondom 20 tot 22 September voorkom, terwyl temperatuurdalings weer teen einde September en in die eerste week van Oktober daar moontlik is.

Wat verdere winterreën betref, kan ligte reën in die res van September en die eerste week van Oktober oor dele verwag word. Daar is ook ’n kans dat koue fronte ligte reën rondom middel tot einde Oktober kan veroorsaak, maar dit lyk na neerslae wat nie die oesproses van wintergrane behoort te benadeel nie. Die omstandighede lyk baie goed dat wintergraan van goeie gehalte gelewer gaan word danksy min reën gedurende die oestyd.

Somerreën en La Niña

Toestande vir somerreën begin effens verbeter oor die oostelike en suidoostelike dele van die land. Van den Berg sê van einde September af, maar veral in die tweede week van Oktober, lyk voorspellings gunstig vir gereelde en goeie neerslae oor die noordelike dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

Baie min of geen reën word verwag oor die res van die somerreëngebied tot die middel van Oktober, wanneer toestande gunstiger begin word oor Mpumalanga, die Oos-Vrystaat en die oostelike dele van Limpopo. Reën word eers vanaf ongeveer November oor die sentrale gedeeltes van die streek verwag en eers teen Desember oor die meer westelike dele van Suid-Afrika.

Intussen dui internasionale weermodelle steeds op die ontwikkeling van ’n swak tot matige La Niña-stelsel wat in die komende somer weerstoestande kan kenmerk. Die huidige scenario dui op ’n intensiteit soortgelyk aan die La Niña van 2020-’21. Die stand van die Indiese Oseaan-dipool is gunstig, hoewel verwarming van seeoppervlakwater begin plaasvind in die westelike dele van die Indiese Oseaan (nader aan die kuslyn van Afrika).

“Opsommend lyk dit egter steeds asof die verwagte La Niña-verskynsel en gunstige Indiese Oseaan-dipool steeds op koers is vir goeie somerreën vanaf ongeveer November, maar veral vanaf Desember tot Februarie,” sê Van den Berg. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
+0.0%
Rand - Pond
22.38
+0.1%
Rand - Euro
19.67
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.8%
Platinum
960.93
+0.1%
Palladium
1,416.63
-0.0%
Goud
1,966.64
-0.4%
Silwer
23.26
-0.3%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,738
+0.4%
Alle aandele
76,312
+0.4%
Hulpbronne 10
66,506
+0.1%
Industriële 25
103,331
+1.0%
Finansiële 15
15,525
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot