Die swaar reën wat gedurende Desember plek-plek voorgekom het, het nie net infrastruktuur beskadig nie, maar ook versuip- en ander skade aan somergraangewasse veroorsaak. Somergraanaanplantings het in die algemeen later as normaal begin, veral in die oostelike produksiegebiede. Talle boere moes fyn beplan oor of hulle gewasse weer kon plant, veral omdat hulle dan baie laat in die seisoen sou wees.
“Daar is nog probleme in onder meer dele van die Wes-Vrystaat, ingesluit die distrikte Wesselsbron en Hertzogville, waar meer as 200 mm sedert Kersfees voorgekom het en aanvanklike aanplantings van veral mielies het baie skade gekry,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.
Van den Berg sê boere kan veral die volgende opsies oorweeg wanneer hulle moet besluit: