AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Nóg reën moontlik tot Saterdag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Reën oor die Boland. Foto: Alani Janeke
Reën oor die Boland. Foto: Alani Janeke
Wolkbreuke en swaar reën het die naweek en Maandag op verskeie plekke in Suid-Afrika voorgekom. Dit was egter nie die laaste sien van die stelsel wat dié reën veroorsaak het nie.

’n Afsnydruklaag wat sedert Saterdag vanuit die weste oor Suid-Afrika beweeg het, het swaar neerslae oor groot dele van die land veroorsaak.

In KwaZulu-Natal is onder meer 63 mm by Durban gemeet, 64 mm by Port Edward, 42 mm by Estcourt en 33 mm by Mooirivier. In die distrik Reitz in die Oos-Vrystaat het plek-plek 100 mm voorgekom, 50 mm by Koppies, in Mpumalanga het 71 mm by Amersfoort en meer as 50 mm by Standerton geval, terwyl daar in Noordwes by Rustenburg 57 mm gemeet is en 25 mm by Potchefstroom.

Noemenswaardige neerslae het oor die Wes-Kaap geval met 39 mm wat by Worcester gemeet is, 38 mm by Ceres, 31 mm by Mosselbaai, 27 mm by Malmesbury en 22 mm by Clanwilliam. Die suidelike dele van die Noord-Kaap het ook goeie neerslae gekry met plaasdamme wat in dele van die Tankwa-Karoo gebreek het en tot 45 mm by Sutherland geval het.

In die noordwestelike dele van die Kalahari het Van Zylrus tot 100 mm gehad en Kuruman 54 mm. “Wat interessant is, is dat dit baie kol-kol gereën het en oor die algemeen swakker as wat voorspellings aangedui het, hoewel daar kleiner gebiede was met baie swaar neerslae,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

Nog ’n stelsel

Van den Berg sê nog ’n stelsel sal reën na dele van Suid-Afrika bring, hoewel dié reën net tot ongeveer 17 Desember verwag word. “Dit begin reeds rondom Dinsdag (13 Desember) opklaar oor die westelike dele, maar redelike swaar neerslae is nog moontlik oor die Wes-Kaap, veral oor die sentrale dele, maar ook langs die Suidkus en Tuinroete tot 17 Desember.”

Dié neerslae kan na verwagting uitbrei na die Oos-Kaap en verder langs KwaZulu-Natal se kusgebiede op en in die aangrensende binneland. “ ’n Kenmerk van die volgende week se reën is dat dit ook baie kol-kol gaan reën met swaar neerslae wat plek-plek moontlik is.”

Die gebiede met die grootste gevaar vir swaar neerslae van meer as 50 mm tot 17 Desember is die volgende:

•          Die Suidkus vanaf Hermanus noordwaarts tot in die Tuinroete.

•          Die Oos-Kaap se kusgebiede en die aangrensende noordelike binneland.

•          Die grootste deel van KwaZulu-Natal.

•          Die oostelike en noordoostelike dele van die Vrystaat.

•          Die hele Mpumalanga en Gauteng.

•          Die suidelike en oostelike dele van Limpopo.

Van Saterdag (17 Desember) af begin die reën opklaar met slegs enkele buie oor die Oos-Vrystaat, KwaZulu-Natal en Mpumalanga.

Laaste week van Desember

Weermodelle dui aan dat toestande vir reën in die laaste week van Desember, maar veral die eerste deel van Januarie verbeter. Die toestande kan weer weswaarts uitbrei na die oostelike dele van die Noord-Kaap, die westelike dele van die Vrystaat en Noordwes. “Redelike swaar neerslae is dan weer moontlik rofweg oos van die N1. 

“Baie min verdere reën word verwag oor die sentrale tot westelike dele van die Wes-Kaap, asook die suidwestelike dele van die Noord-Kaap vanaf die tweede helfte van Desember,” sê Van den Berg. “Temperature gaan ook baie hoog wees vanaf veral Januarie oor die sentrale tot westelike dele van die Wes-Kaap.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
-0.2%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.99
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.6%
Platinum
971.94
-1.2%
Palladium
1,396.99
-1.4%
Goud
1,939.51
-2.0%
Silwer
22.35
-0.9%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Let's go on an adventure
Afrikaans speaking divorced lady, ready to start the next chapter. Like the outdoors as well as cuddling on the couch.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot