Reën het oor die naweek en Maandag wyd oor Suid-Afrika voorgekom, hoewel swaar neerslae plek-plek en geïsoleerd geval het.
Nog reën word vir die res van die week voorspel.
Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê die swaar neerslae wat voorgekom het, was nie so algemeen soos tydens die reënvalperiode in November wat tot vloede in die Vaal- en Oranjerivierstelsel gelei het. “Daar word egter nog redelike swaar neerslae verwag in die volgende paar dae wat probleme kan veroorsaak.”