AFGRI
BEAN
30 Me
-
8670,4
45,40
CORN
30 Me
-
4373
78,00
SOYA
30 Me
-
7805
-10,00
SUNS
30 Me
-
8250
-77,00
WEAT
30 Me
-
6659
50,00
WMAZ
30 Me
-
3719,2
53,20
YMAZ
30 Me
-
3810
45,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Nóg swaar reën later vandeesweek moontlik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Blackie Swart
Ter illustrasie. Foto: Blackie Swart
Nadat neerslae van tot 294 mm binne 24 uur op Vrydag en Saterdag in dele van Suid-Afrika gemeet is, was dit moontlik nog nie die einde van swaar neerslae vandeesmaand nie.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê Vrydag en Saterdag is altesame 294 mm reën binne 24 uur by die Tshivhasie-teelandgoed in die distrik Venda in Limpopo gemeet, terwyl 242 mm in die omgewing van Charter’s Creek in KwaZulu-Natal in dieselfde tydperk voorgekom het.

Tot Sondagoggend is 266 mm by Charter’s Creek gemeet, terwyl 196 mm Saterdag en Sondag by Richardsbaai gemeet is en 105 mm by Mtuzini.

Oorstromings het op talle plekke voorgekom, soos Mbombela (Nelspruit), Malelane, Krokodilbrug in die Krugerwildtuin, Newcastle, dele van Gauteng en Queenstown in die Oos-Kaap.

“Die stelsel wat die swaar reën veroorsaak het, het rondom Mosambiek begin ontwikkel en toe weswaarts geskuif oor veral Zimbabwe, waarna dit suidwaarts oor die noordoostelike en oostelike dele van die land beweeg het,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. “Hierdie stelsel het vogtige lug byna direk vanaf die Indiese Oseaan ingevoer.”

Goeie neerslae het ook oor die oostelike dele van die Noord-Kaap, die oostelike dele van Noordwes en die grootste deel van die Vrystaat voorgekom.

Somersaaigebiede en vloedrisiko’s

Van den Berg sê beter as verwagte reënval het oor die grootste deel van die somergraangebied voorgekom. Op plekke was die neerslae uiters belangrik omdat droogtetoestande in sekere gedeeltes begin voorkom het op die belangrike pluimvorming- en saadvulstadiums van veral mielies.

“Met die nat toestande tans behoort die meeste somergrane sonder veel verdere droogterisiko oesstadium te haal. Hoewel daar plek-plek weer versuiptoestande kan voorkom, behoort dit nie ernstig te wees nie, aangesien die grond redelik baie water kan opneem. Verdere swaar reën in die volgende week of twee kan probleme veroorsaak.”

’n Ander probleem is die vloedrisiko in die Vaal-, Oranje- en Benede-Oranjerivier. “Die invloei is tans redelik sterk in die damme van die Vaal- en Oranjerivier. Die verwagting is egter dat dié riviere nie te hoë vlakke gaan bereik nie, omdat die meeste reënval in die opvanggebiede van die meer noordelike riviere voorgekom het met afvloei na die Indiese Oseaan,” sê Van den Berg.

Sterk laagdrukstelsel

Volgens Van den Berg ontwikkel daar, soos die afgelope week die geval was, weer ’n sterk laagdrukstelsel of stelsels rondom veral Zimbabwe. Dit kan tot ongeveer 20 Februarie tropiese lug invoer en swaar reën veroorsaak oor die sentrale tot noordoostelike dele van Suid-Afrika.

“Reën kan dus weer oor Noordwes, die oostelike dele van die Noord-Kaap, die hele Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en selfs dele van die Oos-Kaap voorkom, veral vanaf 15 tot 18 Februarie. Plek-plek kan swaar neerslae en vloedtoestande voorkom.”

Voorspellings dui tans daarop dat teen 20 Februarie ’n tropiese versteuring kan ontwikkel wat sikloonsterkte kan bereik. Dit kan na verwagting Madagaskar uit die noordooste nader. “Dié stelsel kan baie nat toestande oor Madagaskar en omliggende gebiede veroorsaak, maar droër toestande oor Suider-Afrika in die laaste week van Februarie en selfs die eerste deel van Maart, maar dit gaan afhang van hoe sterk die ontwikkeling gaan wees asook die rigting waarin dit beweeg,” sê Van den Berg.

Winterreëngebied 

Van 14 tot 18 Februarie is ligte neerslae van sowat 10 mm moontlik oor die oostelike dele van die Wynland-distrik, die Overberg en Suid-Kaap, asook die Tuinroete.

Van den Berg sê temperature kan in dié tydperk daal in dié gebiede. “In die meer westelike dele gaan dit egter steeds baie warm en droog wees. Maksimum temperature van bokant 35 °C kan voortduur tot ten minste einde Februarie in distrikte soos die Paarl, Piketberg, Worcester, De Doorns en Porterville.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.76
-0.5%
Rand - Pond
24.55
-1.0%
Rand - Euro
21.21
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.92
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.7%
Platinum
1,033.53
+0.4%
Palladium
1,439.38
+0.7%
Goud
1,954.62
+0.6%
Silwer
23.25
+0.4%
Brent-ruolie
77.07
+0.2%
Top-40
71,939
+0.7%
Alle aandele
77,028
+0.5%
Hulpbronne 10
68,842
+1.4%
Industriële 25
106,881
+0.6%
Finansiële 15
14,516
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wanted - best friend, lover and everything else
Enjoy the normal stuff like music, cooking together and whilst I am a tactile person - I also believe that we must be able to have our own 'me' time. Prefer private...
Kom ons kyk wat gebeur
Dit is so moeilik om jouself te beskryf. Ek kan jou wel se jy sal nooit weer iemand soos ek ontmoet nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot