AFGRI
BEAN
27 Jan
-
8257,8
257,80
CORN
27 Jan
-
3824,8
85,80
SOYA
27 Jan
-
8202,8
172,80
SUNS
27 Jan
-
9850
106,00
WEAT
27 Jan
-
5990
2,00
WMAZ
27 Jan
-
3615
57,00
YMAZ
27 Jan
-
3768
47,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Noord-Kaap se ‘fantastiese reën’ slaan heelparty plase oor

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Water staan in die distrik Victoria-Wes. Foto: Nell Kingwill
Water staan in die distrik Victoria-Wes. Foto: Nell Kingwill
In elke distrik waar reën oor die droë dele van die Noord-Kaap die naweek geval het, is daar plase wat met goeie neerslae oorgeslaan is.

“Die Karoo reën katte, honde, emmers vol!” Só skryf ’n opgewonde me. Hester Obermeyer, droogtekoördineerder van die distrik Sutherland op haar Facebookblad die naweek. Sy sê dele van die Karoo juig nadat goeie neerslae sedert Vrydag oor dele voorgekom het. Vir die eerste keer in nege jaar het hulle die naweek die rooi fluweelreëngogga, soos hy in die Karoo bekend staan, gesien. “Ons het nege van hulle op ons stappie gekry en die weersiens ná nege jaar was kosbaar.”

Mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap, sê reën is wyd oor die provinsie aangemeld, “maar ongelukkig is daar in elke distrik ’n boer wat met goeie neerslae oorgeslaan is. Ons weet byvoorbeeld van boere in die distrikte Fraserburg, Sutherland, Brandvlei, dele van die Boesmanland en Griekwastad wat slegs enkele millimeter gemeet het of glad nie reën gekry het nie.”

Jansen sê aangesien dié reën gevolg het nadat neerslae oor groot dele in Oktober voorgekom het, is hulle vol vertroue dat opvolgreën meer wydverspreid gaan val. “Die mikroklimaat het nou begin verander en ons hoop om meer gereeld opvolgreën te sien.”

reën victoria-wes
Plate water staan in die veld by Victoria-Wes. Foto: Nell Kingwill
reën
Swaar reën het oor die distrik Stella in Noordwes uitgesak. Foto: Suzanne Venter
reënvalkaart Agri Noord-Kaap
Agri Noord-Kaap se reënvalkaart wat hulle saamgestel het uit lede se reëvalsyfers vir die naweek van 4 en 5 Desember 2021
reën
Reënwater vloei oor die plaaswerf op die plaas Hebron in die distrik Sutherland. Foto: Hester Obermeyer

Besproeiingsboere hou asem op

Volgens Jansen hou besproeiingsboere in die saaigebiede van die Noord-Kaap nou asem op vir ’n paar sonskyndae sodat hulle hul koring betyds kan stroop en voor die einde van die optimale planttyd mielies te kan plant. “Niemand in byvoorbeeld die distrik Hopetown kon nog begin stroop nie, die koring was nog net te nat tot nou toe.” Boere in die distrik Douglas kon ook nog nie voluit begin stroop nie.

“Nou hoop ons vir ten minste 14 dae se sonskyn sodat ons voor 16 Desember klaar kan stroop en voor Kersfees klaar ons mielies kan plant. Die voorspellings wys egter dat daar minder sonskyndae in die komende weke kan wees. Hierdie is die werklikheid van boerdery: Ons is altyd dankbaar vir reën, maar sal nou ook dankbaar wees vir sonskyn oor die graangebiede.”

Hoe lyk die voorspellings?

Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê op kort termyn sal daar tot Woensdag (9 Desember) ’n effense onderbreking in die reën oor die sentrale tot westelike dele van Suid-Afrika wees. Enkele buie is moontlik oor die noordoostelike dele van die land, wat insluit Limpopo, Gauteng en Mpumalanga. Die reëntoestande sal van Donderdag af weer weswaarts begin uitbrei oor die Vrystaat, Noordwes, die oostelike dele van die Noord-Kaap en die grootste deel van die Oos-Kaap. Oor die Suid- en Ooskus tot in die noordelike dele van die Oos-Kaap is ligte reën moontlik tot Dinsdag (7 Desember), wanneer dit opklaar en verder noordwaarts skuif.

Die kans op wydverspreide reën oor bykans die hele Suid-Afrika verbeter van 12 Desember af. Tropiese vog kan dan weer meer weswaarts oor Namibië afbeweeg. “Neerslae van meer as 50 mm is moontlik vanaf 12 tot 17 Desember oor Limpopo, Gauteng, Noordwes, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Vrystaat. Redelike swaar neerslae is ook moontlik oor die noordelike dele van die Oos-Kaap.”

Van den Berg sê in dieselfde periode is neerslae van 10 mm tot 20 mm moontlik oor die res van die land, wat die westelike dele van die Noord-Kaap, die winterreëngebiede en selfs die Weskus insluit. “Die noordoostelike dele van Namibië en die aangrensende noordwestelike dele van Botswana kan ook neerslae van meer as 30 mm verwag, terwyl die sentrale tot suidoostelike dele ligter neerslae kan verwag.”

Die sentrale en westelike dele van Suid-Afrika kan die week voor Kersfees droër en warmer toestande ervaar, terwyl die oostelike dele tussen Kersfees en Nuwejaar weer reën gaan kry. Dié toestande kan in Januarie voortduur. “Dus lyk die toestande vir reën baie goed oor veral die sentrale tot meer oostelike provinsies in die volgende paar weke, hoewel daar weswaarts ook ligte reën kan voorkom.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.39
-0.4%
Rand - Pond
20.66
-0.0%
Rand - Euro
17.27
-0.1%
Rand - Aus dollar
10.89
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,814.70
-0.2%
Silwer
23.23
-1.2%
Palladium
2,324.50
-0.5%
Platinum
1,025.00
-0.9%
Brent-ruolie
89.96
+2.0%
Top-40
65,951
-2.1%
Alle aandele
72,312
-2.0%
Hulpbronne 10
73,263
-2.6%
Industriële 25
89,781
-1.9%
Finansiële 15
14,706
-1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek 'n maatjie pm hand aan hand deur die lewe te stap
Betroubaar en gedurig bereid om te help waar ek kan. Hou van kamovuur en braai. Gedurig besig om te vroetel in en om die huis in die tuin
Die lewe het n eindbestemming maar ek gaan eers die REIS geniet!
Ek wil n verskil maak in my wêreld, ek wil my lig skyn. Ek geniet my coaching beroep baie. Ek is spontaan hou van verassings, lief vir kuns, reis, fotografie en ek hou van...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot