AFGRI
BEAN
22 Okt
-
6602
0,00
CORN
22 Okt
-
3085
0,00
SOYA
22 Okt
-
7266
0,00
SUNS
22 Okt
-
10911
0,00
WEAT
22 Okt
-
5681
0,00
WMAZ
22 Okt
-
3146
0,00
YMAZ
22 Okt
-
3284
0,00
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

Oktober bring temperature wat bokspring

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Rypskade kan weer, soos verlede jaar, in die Benede-Oranjerivier voorkom weens ’n koue front in Oktober. Foto: Bertie Coetzee
Rypskade kan weer, soos verlede jaar, in die Benede-Oranjerivier voorkom weens ’n koue front in Oktober. Foto: Bertie Coetzee
Hierdie tyd van die jaar is bekend om groot temperatuurskommelings. Dit lyk asof die volgende twee weke tipies hiervan gaan wees, waarsku mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

“Koue fronte kan van 14 tot 17 Oktober die land vanuit die suidweste beïnvloed. Skerp dalings in temperatuur gaan voorkom vanaf 13 tot 17 Oktober oor die grootste deel van die winterreëngebied.” Minimum temperature kan tot naby vriespunt daal oor die hooggeleë gedeeltes.

Maar eers word tot ongeveer 16 Oktober baie warm toestande in die binneland verwag wat plek-plek hittegolf-afmetings kan aanneem. Groot dele van Suid-Afrika kan temperature bo 30 °C en selfs bo 35 °C verwag. Op die oostelike Hoëveld op plekke soos Standerton, Delmas en Ermelo, en die Oos-Vrystaat word temperature van 30 °C tot 33 °C verwag tot ongeveer Sondag 17 Oktober.

Van den Berg waarsku dat die brandgevaar steeds baie groot gaan wees oor groot dele van Suid-Afrika weens baie warm toestande in die week vanaf 11 tot 15 Oktober en die sterk winde vanaf 14 Oktober. Die reën van die afgelope week het die brandgevaar verlaag oor die sentrale tot oostelike dele, maar die grootste deel van die Wes-Vrystaat, bykans die hele Noordwes-, Noord-Kaap en oostelike dele van die Oos-Kaap het ’n baie groot brandrisiko.

Rypskade verwag

Die skielike koue wat op die hittegolf volg, kan temperature binne ’n dag of twee met tot 15 °C laat daal en boere moet waak teen rypskade in gebiede soos die Benede-Oranjerivier. Plante is dikwels nie aangepas om sulke groot skommelings te hanteer nie. In 2020 het groot skade by tafeldruiwe in die Benede-Oranjerivier voorgekom met dieselfde scenario wat in Oktober 2020 voorgekom het.

Daar het reeds ligte ryp van 3 tot 11 Oktober oor veral die sentrale tot suidelike dele van Suid-Afrika in laaggeleë gedeeltes voorgekom met temperature wat tot onder 5 °C gedaal het op plekke soos Prieska, Aliwal-Noord, Jan Kempdorp, Fauresmith en Bothaville. Rypskade het voorgekom by veral koring wat nou in ’n gevoelige groeistadium is.

Die koue fronte wat vir 14 tot 17 Oktober voorspel word, kan bibberweer na gebiede soos Ceres, die Hexrivier- en Breëriviervallei bring. Daar is ook van Vrydag tot Sondag ’n moontlikheid van sneeu op die berge rondom Ceres, asook die berge van die Oos-Kaap, die suidelike Drakensberge en die aangrensende dele van KwaZulu-Natal.

Minimum temperature gaan skerp daal oor die Suid-Vrystaat op plekke soos Fauresmith, in die Oos-Kaap op plekke soos Aliwal-Noord en Barkly-Oos, asook in die suidoostelike dele van die Noord-Kaap op plekke soos Hopetown en Prieska. Ryp kan voorkom in die suidwestelike dele van KwaZulu-Natal op plekke soos Kokstad en Underberg.

Van den Berg sê hoewel daar ook temperatuurdalings verder noordwaarts gaan voorkom, lyk dit nie so drasties soos in die suidelike dele van Suid-Afrika nie. Dus word daar nie ryp of rypskades verwag in die Sentraal-Vrystaat, die hele Noordwes, die Hoëveld en verder noord nie.

Baie sterk noordwestewinde van tot 60 km/h of sterker kan vanaf 13 Oktober oor die sentrale tot westelike dele van die land voorkom as voorloper van die koue fronte. Windrigtings kan vanaf 16 Oktober suidwaarts draai en dan suidooswaarts vanaf 17 Oktober, maar steeds redelik sterk bly.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.85
-0.7%
Rand - Pond
20.48
+0.8%
Rand - Euro
17.30
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,793.03
0.0%
Silwer
24.33
0.0%
Palladium
2,023.00
0.0%
Platinum
1,043.50
0.0%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,525
+1.7%
Alle aandele
67,051
+1.5%
Hulpbronne 10
62,969
+2.5%
Industriële 25
86,659
+1.4%
Finansiële 15
13,849
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Happy go lucky
Sense humour witty funny just enjoy being me enjoy each and every day to best I can and take it ad it comes
Passievol om n Roman te skryf😉WHITE'S ONLY
WHITES ONLY Eks passievol vir die lewe, diere en mense. Ek glo in dra die Vrugte vd Gees elke dag, om te lag en mense gelukkig te sien. Eks eerlik en opreg! Wanneer ek liefhet...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot