AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
8703
-87,00
CORN
31 Mrt
-
4445,8
-72,20
SOYA
31 Mrt
-
8071,2
-127,80
SUNS
31 Mrt
-
8700
-102,00
WEAT
31 Mrt
-
6605
-90,00
WMAZ
31 Mrt
-
3798
-55,00
YMAZ
31 Mrt
-
4012,8
-51,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Reën bied effense verligting van beurtkrag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Landery buite Prieska waar boere tot onlangs op geskikte tye kon besproei totdat beurtkrag hulle gepootjie het. Foto: Charné Kemp
’n Landery buite Prieska waar boere tot onlangs op geskikte tye kon besproei totdat beurtkrag hulle gepootjie het. Foto: Charné Kemp
Te midde van erge frustrasie weens die hoë beurtkragfase in die Noord-Kaapse besproeiingsgebied, boonop te midde van hittegolftoestande, het heelwat boere in Douglas en Prieska gisternag en vanoggend gejuig oor welkome reën. Tot 26 mm is op plekke gemeet.

Weerlig het egter van die oorhoofse kraglyne uitgeslaan en verdere konsternasie veroorsaak.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens het tot 26,4 mm op Prieska geval. Volgens ander beskikbare syfers is 3 mm op De Aar, 5 mm op Upington en 1,2 mm by Augrabies gemeet.

Mnr. Michael Nethavhani, weervoorspeller, sê reën word vir die volgende sewe dae voorspel en temperature sal in die mid-dertigs bly. “Dit gaan nie so baie reën dat die temperature beduidend daal nie. Ons kan los donderbuie in die oostelike Noord-Kaap tot by die Oos-Vrystaat teen die grens van Lesotho verwag.”

Op Douglas het sommige boere tot 10 mm reën gemeet, terwyl ander op Hopetown 0,5 mm gehad het.

Die boere sê die reën bring ’n bietjie hoop en die bewolkte toestande maak dit koeler as die 40 °C wat op plekke gemeet is. Hul gewasse het reeds begin verdroog weens beurtkrag waarin hulle nie kan besproei nie.

Mnr. Johan Botha van ORV-veevoere op Prieska sê hy het 12 mm gehad, terwyl ander boere nader aan die Oranjerivier nog meer gehad het.

“Die hoeveelheid reën is een dag se besproeiing op die landerye. Die mielies kom binne drie tot vier weke in pluim en benodig genoeg water sodat dit nie onder stres is nie en optimaal bestuif word. Gelukkig staan my mielies in swaar grond wat vog beter behou. Ons druiwe is egter in klipperige grond waar die toestande droër is. Hulle trek swaar.”

Sy grootste probleem is sy fabriek wat nie ten volle werk nie. “Die werkers moet nou snags werk wanneer ons krag het, en tussen beurtkragtye by die fabriek bly totdat die krag weer aangaan. Boonop is daar nie ’n werklik betroubare skedule van wanneer die krag aan- of afgaan nie.”

Produksie gehalveer

Hul produksie het weens beurtkrag gehalveer en hy kan nie markte van genoeg produkte voorsien nie. Intussen bly sy koste dieselfde. “Dit is ’n nagmerrie. Daar is geen manier waarop ’n mens kragopwekkers op die lang duur kan gebruik en dink dit gaan ’n oplossing bied nie. Ons is net nie daarvoor gerat nie.”

Mnr. Conrad Coetzee van die Wercon en Khepale-boerderye buite Prieska was hoogs verras met die 14 mm tot 25 mm reën wat hulle op twee plase gehad het. “Die oostewind het twee dae lank gewaai, en dit het belowend gelyk hoewel die voorspelling was vir ’n 70%-kans van reën van 1 mm tot 5 mm. Die reën is wonderlik vir ons mielies wat swaar kry.”

Vir mnr. Jaco Cilliers van De Hoek buite Douglas het die 3 mm tot 5 mm verligting vir sy gewasse gebring, “maar dit is nie naastenby genoeg nie. Boonop het die weerlig ’n oorhoofse kraglyn beskadig en was ons meer as tien uur sonder elektrisiteitstoevoer.”

Mnr. Gerhard Bruwer van Genade-boerdery het 3 mm reën gehad, terwyl mnr.  Wim van Bergen, van die Backhouse-boerdery, 10 mm op plekke gemeet het. Albei boer buite Douglas.

Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê die La Niña-weerskynsel het sedert November verlede jaar reeds met 30% verswak en droër toestande word vir die res van die maand en Februarie verwag. Februarie is die tyd wanneer tropiese storms oor die Mosambiekkanaal en Madagaskar verwag word.

“Die stand van die La Niña-verskynsel hang af van wanneer dit ontwikkel en wanneer dit verswak. Die westelike Noord-Kaap het byvoorbeeld nie aan die begin van die somerseisoen reën gehad nie.

“Minstens is die hittegolftoestand gebreek en bring dit bewolkte weer mee, hoewel dit warm in die sentrale gedeeltes van die land bly. Die ligte reën in die volgende twee weke is nie genoeg om grondwateraanvulling te veroorsaak nie.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.73
+0.4%
Rand - Pond
21.93
+0.6%
Rand - Euro
19.26
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.87
+0.7%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Platinum
990.84
+1.0%
Palladium
1,477.97
+0.0%
Goud
1,976.40
-0.2%
Silwer
24.00
+0.4%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Groot beer met n sagte hart
Ek is n sagte mens en respekteer n vrou, ek is baie romanties en hou van spoil. Ek is loyal teenoor my regte pasmaat
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot