AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Reën bring vreugde en kommer in die Noord-Kaap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dit is die vyfde keer sedert Oktober dat mnr. Carel van der Merwe van Merwede-boerdery se plaas Waverley in Vanwyksvlei onder vloed is. Danksy die plaas se afloopstelsel sal dit egter nie versuipskade tot gevolg hê nie. Foto: Carel van der Merwe
Dit is die vyfde keer sedert Oktober dat mnr. Carel van der Merwe van Merwede-boerdery se plaas Waverley in Vanwyksvlei onder vloed is. Danksy die plaas se afloopstelsel sal dit egter nie versuipskade tot gevolg hê nie. Foto: Carel van der Merwe
Ná jare se droogte is die reën wat sedert die begin van die week oor gedeeltes van die Noord-Kaap val, ’n seëning vir sommige boere, maar ’n bron van kommer vir ander.

Reën wat sedert die begin van die week oor gedeeltes van die Noord-Kaap val nadat die tropiese storm Ana tot ’n laagdrukstelsel verswak het, het welkome verligting gebring, maar ook skade vir sommige boere veroorsaak en ander heeltemal oorgeslaan.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gistermiddag gewaarsku dat verspreide reën oor die sentrale en noordelike gedeeltes van die Noord-Kaap, asook gedeeltes van die Sentraal- en Klein-Karoo verwag word. Dit kan op plekke vloede en moeilike bestuursomstandighede op veral grondpaaie veroorsaak.

Mnr. Carel van der Merwe van die Merwede-boerdery het gisteraand nog 15 mm reën gehad nadat daar Maandagaand 135 mm reën op sy plaas Stofbakkies tussen Van Wyksvlei en Carnarvon geval het. Sy ander plaas, Waverley, grens aan Stofbakkies en is vanweë die reën onder vloed. Dit is die vyfde keer sedert Oktober dat dié plaas onder vloed is. Danksy die plaas se afloopstelsel sal dit egter nie versuipskade tot gevolg hê nie.

“Die grond is ontwikkel met ’n walstelsel vir dreinering. Wanneer dit vloed, word tussen 3 000 ha en 4 000 ha onder water gestoot. Daardie water loop dan sowat kniediepte. Die plaas is egter ontwerp om dit te hanteer.”

Hy vertel dat hy sedert Oktober 350 mm tot 400 mm reënval gehad het, terwyl die gemiddelde reënval 200 mm per jaar is. Boonop is die distrik se reënseisoen eintlik van Februarie tot April. “Dit is ’n aanduiding van hoe goed vanjaar se reënval sal wees.”

Hy verwys na die vloed as ’n stadige vloed en sê dat die skade wat dit veroorsaak, nie vergelykbaar is met die skade wat die droogte veroorsaak het nie. “Elke druppel reën is welkom. Hierdie vloed sal die ondergrondse water goed aanvul. Ons grasveld sal vanjaar herstel. Die bossiesveld sal egter sowat drie jaar kos om te herstel. Ons het reeds oorgenoeg weiding.”

Carel van der Merwe Merwede-boerdery Vanwyksvlei
Mnr. Carel van der Merwe van Vanwyksvlei vertel dat hy sedert Oktober 350 mm tot 400 mm reënval gehad het, terwyl die gemiddelde reënval 200 mm per jaar is.

Die reënval in die distrik, soos in die res van die provinsie, is egter wisselvallig. Hy vertel daar is plase sowat 30 km van sy grond af wat nog geen reën gehad het nie. “Dit is die snaaks daarvan, maar dit lyk reeds beter as wat dit ’n jaar gelede gelyk het. Ná amper nege jaar se droogte beskou ons dit as die vet jare wat op die maer jare volg.”

Hy vertel dat die reënval wat hulle sedert Oktober gehad het, meer is as die totale reënval wat hulle sedert 2016 gehad het. In 2019 het hulle slegs 15 mm tot 20 mm reën gehad, die laagste reënval nog. Selfs op van sy ander plase in Fraserburg was daar al tot 300 mm reën sedert Oktober.

“Die weer is lós vanjaar. Ek dink vloede van nou tot April is baie moontlik. Die grond en veld is versadig. Die riviere en gevolglik damme loop vol. Ons kan ons bote maar bymekaar kry!”

Van der Merwe sê hy verwag om teen môre 200 mm reën vir die week te gehad het. “Ons het reeds ons diere gedoseer. Ons was dus voorbereid op die reën. Ons verwag ’n ver bogemiddelde produksiejaar, maar dit sal tyd kos om volkome van die droogte te herstel.”

Guillau du Toit Witfontein Fraserburg
Mnr. Guillau du Toit van Fraserburg sê die distrik het vanaf Maandag tot gister wisselvallige reën van 2 mm tot 50 mm gehad wat gepaard gegaan het met baie warm toestande met hoë humiditeit. Foto: Guillau du Toit

Elders in die Noord-Kaap

Mnr. Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjerivier-landbou-unie, sê daar het gister sowat 80 mm by Groblersdal geval en dat verdere reën vandag en môre verwag word. Die aanhoudende reën is egter slegte nuus vir druiweboere aansien dit veroorsaak dat donsskimmel erg toeneem en die wingerdblare verwoes. “Daar kom ook korrelbars en vrot in die wingerde voor. Hierdie probleme neem eksponensieel toe as dit vir langer tye nat bly. Dit is tans ’n groot bron van kommer.”

Mnr. Guillau du Toit van Fraserburg sê die distrik het vanaf Maandag tot gister wisselvallige reën van 2 mm tot 50 mm gehad wat gepaard gegaan het met baie warm toestande met hoë humiditeit. Volgens hom is die weer steeds aan die broei en word daar gehoop dat almal in die distrik teen die einde van die week in die kosbare water kan deel.

Ongelukkig het die reën ook veroorsaak dat sprinkane weer volop in dié gebied begin uitbroei. Me. Janine Byleveld, bedryfsamptenaar by Agri Noord-Kaap, sê sprinkane broei gewoonlik uit nadat dit sowat 10 mm gereën het. Ná vandeesweek se reën het groot uitbrekings van sprinkane voorgekom rondom Carnarvon, Victoria-Wes, Loxton, Prieska, Hopetown en De Aar. ’n Gemiddeld van 20 swerms word tans per dag aangemeld, wat dan bestry moet word. Die reën bemoeilik tans die bespuiting van die sprinkane.

Guillau du Toit Witfontein Fraserburg
Die reën in die Noord-Kaap het ongelukkig ook veroorsaak dat sprinkane weer volop in dié gebied begin uitbroei. Foto: Guillau du Toit

Mnr. Bertus Steenkamp van Carnarvon sê die reënval sedert Maandagmiddag in die suidelike gedeelte van dié gebied wissel van 45 mm tot 97 mm. “Ek boer al 40 jaar op die plaas Klipbanksfontein. Ons het nog nooit in my lewe so baie reën in so ’n kort tyd hierdie tyd van die jaar gehad nie. Ons het ook gehoor van boere wat 80 mm en selfs 100 mm reën gehad het. Dit is absoluut fantasies.

“Sedert Oktober verlede jaar, toe dit pikswart, nagdonker ramptoestande was, tot nou dat die wêreld ’n groen paradys is met damme wat vol staan en riviere wat loop, het ek 324 mm reën gemeet.”

Hy onthou dat die tropiese sikloon Eloise verlede jaar by Kenhardt gedraai het voor sy oor die Vrystaat beweeg het waar sy baie reën en skade veroorsaak het. “Vanjaar het Ana gekom, wat ook my driejarige kleindogter se naam is, en vir ons reën gebring.”

Hy vertel hy het Desember 130 mm reën, die meeste reënval ooit op sy plaas, gehad. Dit is in Januarie met 89 mm reën opgevolg en die vooruitsigte lyk goed dat dit nog tot Mei sal voortduur.

Johann Lubbe Alarmkraal Carnarvon
Mnr. Johann Lubbe van die plaas Alarmkraal by Carnarvon sê hy het nou meer beeste nodig vir al die weiding op sy plaas. Foto: Johann Lubbe

Mnr. Wimpie Steenkamp, voorsitter van die Suid-Roggeveldse landbou-unie wat tussen Calvinia en Sutherland boer, sê die distrik het vandeesweek nog min reën gehad, maar dat dit nou ordentlik daar begin sous het. Hy het gisteraand vir die eerste keer sedert Desember 12 mm reën op sy plaas gehad. Hy het tot dusver hierdie somer 54 mm reën op sy plaas gehad, wat ver onder die gemiddelde van 134 mm is.

Mnr. Pieter Vos van Vosburg sê sowat ’n derde van die plase in dié distrik het Maandag en Dinsdag van 8 mm tot 13 mm reën gehad, sowat ’n kwart het van 20 mm tot 29 mm gehad en sowat ’n derde het van 30 mm tot 34 mm gehad. Twee plase was baie gelukkig en het van 50 mm tot 80 mm reën gehad. Gisteraand en vanoggend het nog sowat 10 mm reën oor die distrik geval.

Die gemiddelde jaarlikse reënval vir dié distrik is 250 mm. Verlede jaar het die gebied sowat 64% van sy gemiddelde jaarlikse reënval gehad. Vanweë die langdurige droogte het baie van Vosburg se bossieveld tot niet gegaan. Dit reageer nie op die huidige reën nie.

“As ’n mens deur die distrik ry, sal ’n mens sê dit is baie groen hier, maar ’n mens moet eintlik elke plaas apart evalueer. As ’n mens deur die veld loop, sal jy sien dat die karoobossies nog nie veel lewe toon nie.”

Pieter Vos Vosburg Karoobossies
Mnr. Pieter Vos van Vosburg sê 70% van die Karoobossies in dié distrik toon steeds nie veel lewe nie. Foto: Pieter Vos

Vos sê aangesien dit nog vroeg in die distrik se reënseisoen is, sal die plase wat vandeesweek minder reën gekry het, hopelik voor die einde van die seisoen voldoende reënval kry. Dit sal egter nog tyd duur vir die bossieveld om daar te herstel. “Dít is waarom dit noodsaaklik is om gereeld opnames oor reënval te doen en te bepaal watter boere hulp nodig het om hul diere in produksie te hou.”

Hy vertel dit is vir van die boere baie sleg om te sien hoe lekker dit by sommige boere reën, terwyl hulle oorgeslaan is. “Hulle raak baie bekommerd dat as hulle nie genoeg reën kry nie hulle in die komende maande weer sal moet begin voer. Met die droogte was so lank geduur het, is die finansies uitgeput. Die beste ding wat ’n mens kan doen, is om jou medeboere wat nie soveel reën gekry het nie, moed in te praat.”


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.49
+0.4%
Rand - Pond
21.48
+0.5%
Rand - Euro
18.42
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.87
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot