AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Reën se skade ‘baie beter as ’n voersak’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Sakrivier is in vloed danksy goeie reën wat vandeesweek oor die Noord-Kaap geval het. Foto: Carel van der Merwe
Die Sakrivier is in vloed danksy goeie reën wat vandeesweek oor die Noord-Kaap geval het. Foto: Carel van der Merwe
Goeie reën het gister weer plek-plek oor die Noord-Kaap geval. Buie word vandag ook in die Vrystaat en die Noordwes verwag.

’n Smal strook plase in die Suid-Roggeveld het gister sowat 80 mm reën ontvang, terwyl ander droëbek gelaat is.Mnr. Wimpie Steenkamp, voorsitter van die Suid-Roggeveldse landbou-unie wie se plaas tussen Calvinia en Sutherland as verwysingsplaas ingespan word, sê daar was gister goeie reën in die gebied, maar dat dit nie oor ’n groot gebied geval het nie.

“Ek het gister by my huis 30 mm gemeet. Net wes van daardie reënmeter het ek 50 mm gemeet. My buurman nog verder wes het 82 mm gemeet. Die weer het toe verder suid verbygegaan en soos dit gegaan het, het dit gereën.”

Hy vertel dat die reën redelik skade op sy plaas veroorsaak het met onder meer gebreekte vore en drade wat platgetrek is. “Ons maak dit net weer reg. Dit is baie beter as ’n voersak.”

Volgens hom vloei die Visrivier sterk en was daar goeie reën in die opvangsgebied.In die ooste van die Suid-Roggeveld is dit egter ’n ander storie. Steenkamp se buurman na die oostekant het die afgelope twee dae slegs 6 mm reën gehad. “Dit was gister nie eens vir hom nodig om op te hou werk nie en hy het nie besef dit gaan so rof by my nie.”’n Ander buurman sowat 20 km noord van hom het geen reën gehad nie.

Steenkamp sê sedert Oktober verlede jaar het hy 74 mm reën gehad, wat omtrent die helfte van die gemiddelde reënval is. “Ek het dus nog nie normale reënval gehad nie. Ons wag nog daarvoor. Die bossies herstel ontsettend stadig. Dit lyk of die bossies op my vlaktes heeltemal gevrek het. Die veld op die rante het beter oorleef.

“Hier is mense wat al gemiddelde en bogemiddelde reënval gehad het, maar weer eens net in stroke. Daar lyk dit of die bossieveld meer lewe toon. Hier by my wys hy nog nie wat hy moet wys nie, maar ons het baie grondkos. Dit gaan daarom goed met ons skape.”

Interessant genoeg, hy vertel die Suid-Roggeveld se winterreëngebied het selfs meer reën hierdie somer gehad het as die goeie reën wat hulle in die winter gehad het. “Ons in die somerreëngebied is dit nog nie beskore nie, maar ons bly bitter dankbaar. Ons is vol vertroue die weer sal reën bring en nie net in die lug hang nie. Ons reënval begin gewoonlik eers vanaf Maart. Ons wag daarvoor.”

Reën in Vrystaat, Noordwes en Oos-Kaap verwag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gistermiddag gewaarsku dat swaar reënval vandag kan voorkom en plek-plek oorstromings in laaggeleë gebiede en op paaie kan veroorsaak. Die weerstoestande word oor die oostelike gedeeltes van die Noord-Kaap en die westelike gedeeltes van die Vrystaat en Noordwes voorspel.

Volgens die weerdiens word erge donderstorms, met sterk wind en swaar neerslae oor die oostelike gedeeltes van die Oos-Kaap verwag. Die toestande kan oorstromings in laaggeleë gebiede, asook skade aan paaie, brûe en ander infrastruktuur veroorsaak. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
-0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
You, Me and Memories
Ek is n rustige mens, nie tyd meer vir dramas nie. Lewe het my n paar houe gegee, maar is nogsteeds hier. Ou cliche hou van kamp en visvang. Is genaklik in die kombuis. Indoor...
JMJenny
Ek is n diereliefhebber. Baie uitgaande en ook baie gemaklik. Ontsettend positief. Iemand met n negatiewe houding moet my asb nie nader nie. Ontsettend lojaal
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot