AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Ryp: Vrystaatse boere gewaarsku oor brandgevaar

akkreditasie
Weens die droë toestande wat in die winter in die somerreëngebied heers, is die brandgevaar hoog en dan kan ’n klein vonkie ’n groot vuur aansteek. Hier maak mense op die plaas van mnr. BP Greyling van Wakkerstroom voorbrande. Foto: Charl van Rooyen
Weens die droë toestande wat in die winter in die somerreëngebied heers, is die brandgevaar hoog en dan kan ’n klein vonkie ’n groot vuur aansteek. Hier maak mense op die plaas van mnr. BP Greyling van Wakkerstroom voorbrande. Foto: Charl van Rooyen
Boere moet bewus wees van die brandgevaar nadat ryp die afgelope drie oggende in veral laaggeleë dele van die Suid-Vrystaat voorgekom het, sê dr. Jack Armour, handelsbestuurder by Vrystaat Landbou (VL).

“Die afgelope somer se goeie reën het bygedra tot goeie veld- en groeitoestande. Die veld en veral hoë gras langs die paaie hou egter ’n brandgevaar in,” waarsku hy. “Sanral het aangedui dat sy kontrakteurs eers vanaf 14 Mei die gras sal begin sny nadat dit behoorlik geryp het.”

VL moedig daarom brandbeskermingsverenigings aan om hul strukture en toerusting gereed te kry om enige brand te kan help beveg.

Gewasse

Volgens Armour het die reën wat gedurende Desember en Januarie in groot dele van die Vrystaat voorgekom en in sommige dele tot vloedskade gelei het, ’n groot invloed op boere se aanplantings gehad. Talle boere se aanvanklike aanplantings het verspoel en moes oorgeplant word. Dit het ’n groot finansiële impak op boere. Indien dit dus te vroeg ryp en die laat aanplantings kry skade, sal dit vir talle boere ’n groot slag wees.

Mnr. Kempen Nel, VL-streeksverteenwoordiger, sê boere in die distrik Jacobsdal hoop vir nog drie weke grasie teen die winterkoue sodat gesaaides droog genoeg kan word om te oes.

Volgens mnr. Johan Fourie, ook ’n VL-streekverteenwoordiger, het nagtemperature in laaggeleë dele van Dewetsdorp, Wepener en Van Stadensrus gedaal. Aanplantings toon op dié stadium nie skade nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Slegs opregte blanke dames
Ek is n eerlik, lojale en n opregte wit man sonder fieterjassie. Ek hou van rugby, motorsport. Wat jy sien is wat jy kry. Ek is nue n kroeg vlieg en sal eerder op die rusbank...
Passievolle mensie opsoek na vriendskap en liefde
Vriendelike en opregte persoon. Opsoek na iemand met goeie morele waardes, lus vir die lewe. Passie vir liefde en die lewe.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot