AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Sikloon Freddy kan reën vir sentrale, westelike dele van SA bring

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Sikloon Freddy het oënskynlik ’n draaipunt bereik en gaan terug ooswaarts beweeg.

Tropiese storms volg geen vaste patroon nie, veral nie as dit oor land begin beweeg en dan begin verswak nie. Die voorspelbaarheid van die beweging van dié storms is dus baie moeilik.

“Dit kan disintegreer en in verskillende rigtings beweeg en steeds swaar reën veroorsaak. Die huidige oorblyfsels van die sikloon Freddy volg dieselfde chaotiese en onvoorspelbare patroon,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

Freddy het weswaarts beweeg van waar dit wes van Indonesië begin ontwikkel het. Dit het oor Madagaskar en Mosambiek beweeg, waar dit verswak het. Die kern van die tropiese aktiwiteit was teen einde Februarie oor die sentrale tot suidelike dele van Mosambiek. Windsnelhede het geleidelik verswak van meer as 220 km/h toe dit oor die Indiese Oseaan beweeg het tot ongeveer 45 km/h oor Mosambiek.

Reën vir SA

“Huidige voorspellings stem steeds nog nie saam nie, maar dit lyk asof die aktiwiteit besig is om ’n draaipunt te bereik in die oostelike dele van Zimbabwe. Dit kan dan ooswaarts terug in die Mosambiekkanaal beweeg. Voorspellings toon dat dit verder ooswaarts weer tot oor Madagaskar gaan beweeg en dalk ook weer na die Mosambiekkanaal kan terugkeer en die westelike kuslyn van Madagaskar op meer as een plek kan tref voordat dit teen die einde van dié week ooswaarts gaan beweeg in die Indiese Oseaan in.”

Die implikasie van hierdie beweging is dat dit die toestande vir reën oor die sentrale tot westelike dele van Suid-Afrika ietwat kan verbeter met tropiese vog wat weswaarts oor Namibië kan afbeweeg. “Hierdie opstelling kan ook deels verantwoordelik wees daarvoor dat koue fronte redelik ver noord kan begin deurbeweeg. Daar is dus dan ook ’n voorspelling dat ’n koue front van 4 tot 6 Maart vanuit die suidwestelike dele die land kan beïnvloed en ligte reën veroorsaak oor die Wes-Kaap en temperatuurdalings oor die suidelike dele van die land tot gevolg kan hê.”

’n Volgende frontale stelsel kan weer oor die land voorkom van 8 tot 10 Maart en verdere ligte reën oor die winterreëngebied veroorsaak.

Nóg ’n tropiese storm?

Baie warm toestande gaan die week oor die Noord-Kaap voortduur, maar dit lyk asof dit effens koeler gaan wees as wat verlede week voorspel is. Toestande vir reën oor veral die sentrale dele het verbeter met neerslae van 20 mm tot 40 mm wat tydens enkele buie moontlik is oor die oostelike dele van Noordwes, die noordelike dele van die Vrystaat, die suidelike dele van Mpumalanga, die hele KwaZulu-Natal en die noordelike dele van die Oos-Kaap van Dinsdag 28 Februarie tot ongeveer 8 Maart.

“Dit lyk asof min reën gaan voorkom in die laaste deel van Maart en die eerste deel van April oor die grootste deel van die somerreëngebied. Daar is egter ’n kans dat daar steeds reën kan voorkom in die tweede deel van April en die eerste deel van Mei.”

Van den Berg sê die baie droë suidelike dele van die Oos-Kaap, wat die gebiede rondom Gqberha insluit, se kans op noemenswaardige reënval is klein tot middel April, waarna dit verbeter vir die laaste deel van April en die eerste deel van Mei.

“Reënvaltoestande vir veral Maart kan nog beïnvloed word deur tropiese storms en siklone. Tans is daar nog ’n tropiese storm, Enala, wat oor die sentrale Indiese Oseaan beweeg, maar dit behoort ver oos en suidoos van Madagaskar verby te beweeg.”

Winterreën

Van den Berg sê hoewel frontale stelsels reeds oor die Suidwes-Kaap begin inbeweeg, lyk die toestande vir reën vir die April tot Junie gemiddeld.

“Dit is egter die tweede deel van die winter, vanaf Julie tot September, waar die kans baie goed is dat ondergemiddelde reënval kan voorkom. Dit is ook dié tydperk waartydens die meeste aanvulling aan damvlakke gewoonlik voorkom.”
 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.21
+0.1%
Rand - Euro
19.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-1.0%
Platinum
975.70
-0.9%
Palladium
1,428.85
+0.4%
Goud
1,997.90
+0.2%
Silwer
23.42
+1.3%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,179
-1.3%
Alle aandele
74,698
-1.2%
Hulpbronne 10
64,279
-1.4%
Industriële 25
101,581
-1.0%
Finansiële 15
15,191
-1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot