AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Sneeu, koue en nat toestande vandeesweek moontlik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sneeu by The Cavern in die noordelike Drakensberge teen die middel van Augustus 2022. Foto: Megan Bedingham
Sneeu by The Cavern in die noordelike Drakensberge teen die middel van Augustus 2022. Foto: Megan Bedingham
Veeboere word gemaan dat sneeu tot Dinsdagaand oor dele van die Oos-Kaapse berge, asook die suidelike en suidoostelike dele van die Drakensberg kan voorkom en gevaarlike koue toestande vir vee kan skep.
sneeu
Sneeu tussen Hogsback en Cathcart in die Oos-Kaap. Foto: Ilze Slabbert
sneeu
Sneeu tussen Hogsback en Cathcart in die Oos-Kaap. Foto: Ilze Slabbert
sneeu
Sneeu tussen Hogsback en Cathcart in die Oos-Kaap. Foto: James Miller
sneeu
Eerste behoorlike sneeu vir die winter tussen Hogsback en Cathcart in die Oos-Kaap. Foto: James Miller

Die gevaarlike nat, koue en winderige toestande gaan na verwagting veral die noordelike dele van die Oos-Kaap en die aangrensende dele van KwaZulu-Natal tot Woensdag beïnvloed, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

Hoewel goeie neerslae tot einde Augustus oor veral die winterreëngebied verwag is, het net ligte neerslae die afgelope week oor dele van die Wes- en Oos-Kaap voorgekom. Frontale stelsels begin baie vinnig beweeg. Hulle beweeg ook verder suid of meer suidoos, wat ’n aanduiding is dat die winter begin verbygaan.

Van den Berg sê hoewel die neerslae teen einde Augustus swakker as verwag was, kan frontale stelsels van 2 tot 4 September en van 9 tot 11 September reën van tot 30 mm vir elkeen van dié periodes oor sommige dele tot gevolg hê, hoewel ander dele slegs sowat 10 mm kan kry. Die meeste reën word verwag oor die Kaapse Wynland en nader aan Kaapstad, met minder reën langs die Weskus en oor die Rûens en Suid-Kaap. Die kans op verdere reën vir die res van September en ten minste die eerste deel van Oktober is baie skraal.

Droogterisiko’s in winterreëngebied

Van den Berg maan teen droogterisiko’s vir die wintergraanbedryf, maar ook droogte vir druiwe en vrugte as gevolg van onvoldoende besproeingswater in opgaardamme. Met min reën in die tweede deel van September kan grondwatertekorte ontstaan in die somer wanneer produksie moet plaasvind. Hoewel nog reën moontlik is in die eerste twee weke van September, dui voorspellings aan dat dit moontlik nie voldoende sal wees om watervlakke van damme aan te vul nie.

Van den Berg sê die groei en ontwikkeling van baie wintergrane is vanjaar stadiger vanweë redelik lae minimum temperature. Gewasse gaan in die laaste deel van September en selfs die eerste deel van Oktober steeds baie water nodig hê om droogteskades te beperk. Die kans is dus goed dat opbrengste benadeel kan word.

Die situasie gaan die vlakke van veral kleiner besproeingsdamme raak, maar veral die vlak van die belangrike Clanwilliam-dam, wat tans 69% vol is. “Die Clanwilliam-dam met sy huidige kapasiteit moet 100% vol wees voor die begin van die somerseisoen anders gaan daar watertekorte wees in die somer. Die kans op verdere reën wat die vlak kan aanvul, is baie swak.

Koue lentedag

Intussen word verwag dat 1 September 2022 ’n koel dag gaan wees, hoewel ryp nie voorspel word nie. Ligte reën kan dan oor die sentrale tot westelike dele van die land voorkom. Daar word steeds baie min reën verwag oor die grootste deel van die somerreënvalgebied vir September, maar die kans op reën kan begin verbeter in Oktober oor veral die sentrale tot oostelike dele.

Laaste ryp

Van den Berg sê daar is die afgelope dekade ’n neiging dat die laaste rypdatums verder aanskuif, nader aan die somer. So byvoorbeeld was daar op 30 Oktober 2019 ernstige rypskade by veral winterkoring in die Benede-Oranjerivier.

“Hoewel sporadiese koue al omtrent in enige maand van die jaar voorgekom het, soos op Kersfees in 1986, is die frekwensie van voorkoms hoër in die afgelope dekade. Daar was byna elke jaar sedert 2016 rypskade met baie lae minimum temperature in Oktober. Dit gebeur ook nadat daar reeds ’n baie warm periode in September en gedeeltes van Oktober was.”

Langtermynneigings toon dat ryp in die Vrystaat asook Benede-Oranjerivier nou tot middel Oktober kan voorkom.

Korttermynvoorspellings vir hierdie gebiede toon dat ryp kan voorkom van 4 tot 6 September, 11 tot 13 September, 25 tot 27 September en 1 tot 3 Oktober. Ryp en lae temperature kan dan ook in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap by die Drakensberge voorkom.

Die kans op rypskade in die meer noordelike gebiede soos die noordoostelike dele van Noordwes, Limpopo, die noordelike dele van Gauteng, die Laeveld en die noordelike dele van KwaZulu-Natal is baie skraal.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.13
+1.2%
Rand - Pond
20.93
+0.5%
Rand - Euro
18.02
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.7%
Goud
1,787.51
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,861.24
+0.6%
Platinum
1,009.00
+1.8%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Avontuurlustig ⛄️🚣🏼‍♀️🚴🏍🛶⛱🎢🏖⛺️
Ek glo daarin om te lewe, nie net te bestaan nie! Die buitelug en avonture maak my opgewonde, asook die vermoë om die "klein dingetjies" raak te sien en te waardeer....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot