
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel gedeeltelik bewolkte en koel weer met enkele buie en donderbuie vir Gauteng.
Gedeeltelik bewolkte en warm weer met enkele buie en donderbuie word in Mpumalanga, Limpopo en Noordwes verwag.
In die Vrystaat sal dit gedeeltelik bewolk en koel tot warm wees met verspreide buie en donderbuie. Enkele buie word in die suidweste van die provinsie verwag.
Mooi en koel weer word vir die Noord-Kaap voorspel, buiten vir die noorde van die provinsie waar warm weer verwag word. Enkele buie en donderbuie word vanmiddag in die noordooste van die provinsie verwag.
Bewolkte en koel weer word vir die Wes-Kaap met enkele buie langs die provinsie se suidkus.
In die Oos-Kaap sal dit gedeeltelik en koel wees. Ligte reën kan teen vanaand plek-plek in die provinsie voorkom.
Die weerdiens voorspel gedeeltelik bewolk en warm weer vir KwaZulu-Natal met enkele buie en donderbuie. Verspreide buie word in die verre weste van die provinsie verwag.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.