AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8938
0,00
CORN
17 Aug
-
4038
0,00
SOYA
17 Aug
-
8745
0,00
SUNS
17 Aug
-
10638
0,00
WEAT
17 Aug
-
7064
0,00
WMAZ
17 Aug
-
4261
0,00
YMAZ
17 Aug
-
4222
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Somerreën: Trekpad roep skaapboere in Roggeveld

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vanaf middel Oktober word dit ondraaglik warm in die Onder-Karoo en trek boere hul skape terug na die Roggeveld. Mnr. Henri Engelbrecht van Sutherland het onlangs die trekpad met sy kudde aangepak. Foto: Helga de Lange
Vanaf middel Oktober word dit ondraaglik warm in die Onder-Karoo en trek boere hul skape terug na die Roggeveld. Mnr. Henri Engelbrecht van Sutherland het onlangs die trekpad met sy kudde aangepak. Foto: Helga de Lange
Wanneer Oktober aanbreek en die eerste somerreën geval het, beteken dit een ding vir skaapboere in die Roggeveld: Dit is tyd om met jou skape na die somerweiding te trek.

Wanneer Oktober aanbreek en die eerste somerreën geval het, beteken dit een ding vir skaapboere in die Roggeveld: Dit is tyd om met jou skape na die somerweiding te trek. Mnr. Henri Engelbrecht, wat in die distrik Sutherland boer en onlangs die trekpad met 1 300 skape aangepak het, vertel die meeste grondeienaars in die Roggeveld het ook plase in die Onder-Karoo vir winterweiding.

Wanneer die eerste winterreën in die Karoo val, gaan dit gewoonlik ook gepaard met sneeu op die hooggeleë Roggeveld. Die koue raak erg en kan tot vrektes onder die ooie en lammers lei. Boere in dié geweste maak dan so gou as moontlik planne om hul vee te trek na die Onder- of Tankwa-Karoo.

“Dit gebeur gewoonlik vanaf einde Mei tot einde Oktober. Die winterreën, gematigde klimaat en hoëproteïenweiding is ideaal om die ooie en lammers in ’n goeie kondisie deur die winter te kry.”

Vanaf middel Oktober gebeur die omgekeerde en word dit ondraaglik warm in die Onder-Karoo. Die veld verlep en verswak dermate dat daar weer planne gemaak moet word, dié keer terug na die Roggeveld wat deur die winter kans gehad het om te rus. Die veld en opslag is dan ook op sy beste ná die eerste somerreën.

“Gewoonlik vertoef ons so vyf maande in die winterveld in die Onder-Karoo en dan van Oktober tot Mei die volgende jaar benut ons die Roggeveld se weiding. Vanjaar was geen uitsondering nie. Ons terugtog boontoe is pas afgehandel.”

Engelbrecht se plaas in die Roggeveld, Vyfontein, is sowat 1 700 m bo seëspieël, terwyl sy grond in die Onder-Karoo sowat 800 m bo seëspieël is. Daarom kan temperatuurverskille sommige dae tot 15 °C of meer bereik.

Trek met skape Roggeveld Helga de Lange
Die vee vreet genoeg langs die trekpad en rus gewoonlik goed uit ná elke dag se stap. Foto: Helga de Lange

Vyfontein is ’n bietjie meer as 60 km vanaf die eerste lêplek. “Ons doen nog die tradisionele trek te voet. Gewoonlik is die vee ná die winter in ’n goeie kondisie. Ons trek oor ’n periode van drie dae en ons sukkel nie om te trek nie. Die ooglopend dragtige diere vervoer ons saam met al die ander lewende wesens – hoenders, kalkoene, ganse, ens.

“Ons gebruik soms perde en skaaphonde om die vee bymekaar te maak. Ons mikpunt is om ongeveer 20 km per dag te stap na gelang van waar ons die vee kan laat drink en waar dit veilig sou wees om te oornag. Die vee vreet genoeg langs die trekpad en rus gewoonlik goed uit ná elke dag se stap.”

Is hierdie die draaipunt?

Enige dier wat langs die pad sukkel of swaarkry, word op die agterste voertuig gelaai. “Ons is baie gesteld op veiligheid terwyl ons trek en het groot waardering vir motoriste se geduld. Nie almal is gewoond daaraan om deur ’n trop skape te ry nie en dus help ons hulle soms om deur die skape te kom.”

Hy sê dit is vir baie mense ’n ervaring om ’n trop trekkende skape langs die pad te sien. “Sommige sal eers stilhou en foto’s neem. Daar is hier en daar ’n ou suurknol wat ongeduldig is, maar ons probeer so beleef as moontlik wees.”

Vanjaar se winter was vir die eerste keer in ’n baie lang tyd volgens hom ’n baie mooi winter en die diere se goeie kondisie bewys dit. “Iemand van Kuruman se wêreld het by my stilgehou en die opmerking gemaak: ‘Swaer, hoe het die droogte dan vir jou gemis?’ Ek het toe aan hom verduidelik dat hierdie kudde sewe jaar gelede net mooi dubbeld in getal was. Dié wat weg is, het hierdie trop gesubsideer met voer en die voortbestaan van die boerdery verseker. Hy was toe daar weg met begrip.

“Nogtans is ons met groot dankbaarheid veilig terug in die somerveld en boonop geseënd met die eerste somerreën. Is hierdie die draaipunt? Ek reken so. Sterkte en groete aan al die boere op die trekpad.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.66
-1.6%
Rand - Pond
20.08
-1.2%
Rand - Euro
16.96
-1.7%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,763.50
-0.7%
Silwer
19.81
-1.6%
Palladium
2,144.66
-0.7%
Platinum
928.75
-1.0%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.4%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp. Geniet netjiese tuin. Ek hou van mense wat intelegent gesels wat oop is vir redenasies, wat nie in...
Looking for my soulmate
I am a divorced lady, i am still looking for the one. I am a mommy of two furbabies, they are my life, they are my kids. I am very family orientated. I am not interested in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot