Volgens Van Niekerk het sowat 2 mm reën geval wat deur ’n ysige wind opgevolg is. Sy hoor van goeie neerslae rondom Springbok, Loeriesfontein en in die Hantam-omgewing. Die Van Niekerks het vanjaar van 0 mm tot 35 mm gemeet en voer hul diere steeds daagliks.
In die omgewing van Loeriesfontein en Niewoudtville is van 16 mm tot 22 mm reën aangeteken, sê me. Chrismari van der Westhuizen, maar by hulle, noord van Loeriesfontein, het slegs 4 mm geval. “Dit is steeds verskriklik droog en ons weet nie aldag hoe lank ons en ons diere nog sal kan uithou nie.
Terwyl die Roggeveld, tussen Sutherland en Calvinia, goeie reën en sneeu gekry het, is die droë Hardemans-Karoo rondom Williston, Van Wyksvlei en Carnarvon oorgeslaan.