AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Swaar donderstorms vir NK, NW en Vrystaat voorspel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Fredalette Uys
Ter illustrasie. Foto: Fredalette Uys
Swaar donderstorms word vandag verwag in die noordooste van die Noord-Kaap, asook die verre weste van Noordwes en die Wes-Vrystaat.

’n Geel vlak 2-waarskuwing is vir dié gebiede uitgereik. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan die donderstorms lei tot groot hoeveelhede klein haelkorrels, sterk wind asook weerlig en die verspoeling van paaie.

In Gauteng word mooi weer en warm toestande verwag, later sal dit gedeeltelik bewolk word met geïsoleerde buie en donderbuie laatmiddag.

Gedeeltelik bewolkte, winderige en warm toestande wat laatmiddag bewolk sal word met geïsoleerde buie en donderbuie word vir Mpumalanga voorspel.

Limpopo kan gedeeltelik bewolkte, winderige en warm tot baie warm toestande verwag, en volgens die weerdiens kan geïsoleerde buie en donderbuie vanaand in die suidweste van dié provinsie verwag word.

In Noordwes heers gedeeltelik bewolkte en baie warm toestande met geïsoleerde buie en donderbuie.

Volgens die weerdiens kan gedeeltelik bewolkte en warm tot baie warm toestande met geïsoleerde buie en donderbuie in die Vrystaat verwag word, en die ooste sal winderig wees.

Mooi weer kan in die sentrale dele van die Noord-Kaap verwag word met gedeeltelik bewolkte en uiters warm toestande in die res van die provinsie. In die ooste word geïsoleerde buie en donderbuie voorspel. Die wind langs die kus sal ’n ligte tot matige suidwestelike wind wees wat vanmiddag sterk suid tot suidwes sal word.

Die westelike dele van die Wes-Kaap kan mooi weer verwag, en in die res van die provinsie sal deels bewolk en koel tot warm wees. Die wind langs die kus sal aanvanklik matige suidwes wees, en later oos tot suidoos draai.

Bewolkte en koel toestande met geïsoleerde buie en donderbuie word vir die Oos-Kaap voorspel.

Ook in KwaZulu-Natal sal dit bewolkte tot koel toestande wees, buiten die noorde, waar dit warm en bewolk sal wees.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Let's meet for 🍷🍷We will know if there is a connection
I love too make a fire for the braai, open a bottle of red, enjoy lots of laughtterr but can also do the romantic dinner or picnic in the bush. Can go on for ever here but then...
Kom Ons Gesels😁
Ek is n moeilieke meisie, maar watter meisie is nie??? Ek het twee pragtige dogtertjies, so meeste van my tyd word saam hulle spandeer😁 Ek hou van dans maar het nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot