AFGRI
BEAN
28 Jun
-
9652
181,00
CORN
28 Jun
-
4744,6
72,60
SOYA
28 Jun
-
8890
98,00
SUNS
28 Jun
-
10395
245,00
WEAT
28 Jun
-
7438
92,00
WMAZ
28 Jun
-
4357,4
-22,60
YMAZ
28 Jun
-
4370
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08

Swaar reën die naweek oor dele van Oos-Kaap moontlik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Reënbui val in die verte naby Middelburg in die Oos-Kaap. Foto: Fredalette Uys
'n Reënbui val in die verte naby Middelburg in die Oos-Kaap. Foto: Fredalette Uys
Weermodelle dui aan dat die Oos- en Suid-Kaap in die komende maande swaar reën kan verwag.

Reën word van Donderdag tot Saterdag (19 tot 21 Mei) oor dele van die somerreënstreek verwag, maar veral oor die Oos-Kaap en aangrensende dele van die Suid-Kaap, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. “Swaar reën kan oor veral Nelson Mandela-baai gebied voorkom en die moontlikheid van vloede kan nie uitgesluit word nie. Swaar reën en vloede oor die suidoostelike dele van die land is vir die komende maande ’n redelike groot gevaar, as toestande soortgelyke aan dié van 2011 gaan voorkom.”

Van den Berg sê die res van die somerreëngebied kan rondom Vrydag (20 Mei) reën verwag, asook in die laaste week van Mei. “Voorspellings het in die afgelope week verbeter vir verdere reën nadat aanvanklik baie min reën vir die res van Mei aangedui is. Gegewe die sterk La Niña-stelsel en die swaar reën aan die Ooskus van Australië is verdere reën moontlik in die volgende weke, veral oor die sentrale tot oostelike en suidoostelike dele.”

Winterreëngebied

Korttermynvoorspellings vir die winterreënstreek dui goeie neerslae van 18 tot 21 Mei aan. “Dit lyk asof meer as 10 mm tot 20 mm kan voorkom vanaf 18 Mei en dat wintergraanboere in die Swartland, Rûens en Suidkus hopelik voldoende reën gaan kry om aanplantings voor einde Mei te kan doen.”

Gedurende die winter van 2011 was die reënval in die Wes-Kaap naby aan die langtermyngemiddelde met ’n redelik goeie verspreiding vanaf Mei tot September. ’n Plek soos Malmesbury het ongeveer 280 mm gekry vanaf Mei tot September, wat dieselfde is as die langtermyngemiddelde. Die reënval vir Bredasdorp in die Overberg vanaf Mei tot September 2011 was ongeveer 230 mm, wat ook die langtermyngemiddelde is. Van den Berg sê die kans is goed dat die patroon homself dalk vanjaar kan herhaal.

“Dit lyk asof reënvaltoestande nie te ongunstig gaan wees vir die winterreëngebiede nie, maar daar is nog nie sterk seine nie.”

Ryp en koue

Swaar ryp het teen middel Mei nog nie wyd voorgekom nie. Van den Berg sê met sterker koue fronte wat in komende weke oor Suid-Afrika gaan inbeweeg, is die kans op swaar ryp goed in die laaste week van Mei. “Die kans is baie goed dat die winter redelik intens gaan wees vanaf Junie tot ten minste middel Augustus. Die kans is baie goed dat ryp later as die normale datums kan voorkom.”

Van den Berg waarsku dat reënerige en baie koue toestande in die volgende paar weke baie gevaarlike toestande vir kleinvee kan skep. In die Oos-Kaap, suidelike en oostelike dele van die Vrystaat en aangrensende dele van die Noord- en Wes-Kaap en selfs KwaZulu-Natal is die gevaar groot.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.03
-1.1%
Rand - Pond
19.57
-0.6%
Rand - Euro
16.86
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.10
-1.1%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,825.22
+0.1%
Silwer
21.12
-0.2%
Palladium
1,882.00
+0.5%
Platinum
923.50
+1.3%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,764
+0.4%
Alle aandele
68,043
+0.3%
Hulpbronne 10
65,920
+0.7%
Industriële 25
80,533
+0.4%
Finansiële 15
15,396
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Canada farmer
Beste place to be is on the farm Enjoy outdoor Enjoy water sports I'm trying to be good to all people Everyone deserve the best
Opsoek na advontuur
Vriendelik, spontaan en opsoek na 'n nuwe advontuur. Ek is lief vir perdry, dans en sing. Ma van twee tieners, selfstandig en net opsoek na iemant om advonture mee te deel.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot