AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Swaar reën oor dele van somerreënstreek verwag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Belowende reënwolke in die Oos-Vrystaat. Foto: Alani Janeke
Belowende reënwolke in die Oos-Vrystaat. Foto: Alani Janeke
Swaar reën is die week oor van die oostelike dele van die somerreënstreek moontlik.

Reën van 50 mm en meer is van Woensdag tot ongeveer 7 Oktober moontlik oor die noordelike dele van die Oos-Kaap, bykans die hele KwaZulu-Natal en die aangrensende dele van Mpumalanga. Dié reën kan verder uitbrei na die sentrale binneland tussen Woensdag en Sondag, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

Volgens weermodelle is die kans goed op 20 mm reën of meer op die Tuinroete en langs die kus van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal tot ongeveer 5 Oktober.

“Plekke soos Vrede, Reitz, Potchefstroom, Delmas en Groblersdal kan meer as 20 mm verwag in die eerste week van Oktober. Ligter neerslae van 10 mm of meer kan voorkom na die noorde, die weste asook die suidelike aangrensende dele, veral in die omgewing van Lichtenburg, Bloemfontein, Kimberley, Brits en Bothaville. Daar is selfs ’n moontlikheid van ’n afsnylaag of baie intense kleiner laagdrukstelsel wat kan ontwikkel oor die Vrystaat rondom 30 September,” sê Van den Berg.

Verdere reën is weer moontlik oor die bogenoemde gedeeltes van 15 tot 20 Oktober, asook in die laaste week van Oktober en die eerste deel van November.

Baie min reën word verwag oor die westelike en suidwestelike binneland op plekke soos Upington, Pofadder, Williston, Van Zylsrus en Kuruman tot ten minste die einde van November.

Winterreëngebied

Min of geen reën het vanaf ten minste die tweede week van September oor bykans die hele Suid-Afrika voorgekom. Dit is veral ongunstig vir koringboere in die Wes-Kaap, en meer spesifiek in die Swartland-omgewing, waar die koring tans nog in die gevoelige reproduktiewe fase is.

Wat verdere reën oor die volgende paar weke vir die winterreëngebied betref, is daar nog goeie nuus vir die Suid-Kaap, van Valsbaai af verder teen die kus op en oor die aangrensende binneland, met meer as 20 mm wat verwag word tot ongeveer 3 Oktober. “Ligte reën van ongeveer 10 mm is selfs moontlik oor gedeeltes van die Klein-Karoo by Robertson, Bonnievale, Oudtshoorn en Ladismith,” sê Van den Berg.

Wat die Suidwes-Kaap en veral die Swartland betref, word baie min of geen reën tot ten minste middel Oktober verwag, en dit kan die koringoes nadelig beïnvloed.

La Niña en temperature

Van den Berg sê op langer termyn is toestande gunstig vir reën gedurende die midsomer met die La Niña-verskynsel wat begin ontwikkel en die Indiese Oseaan wat steeds gunstig is.

Volgens weermodelle gaan baie warm toestande oor die noordwestelike en westelike dele van Suid-Afrika en die noordelike dele van Namibië voortduur, met temperature van 35 °C en hoër wat oor dele kan voortduur.

“Temperatuurdalings kan weer voorkom oor die sentrale tot suidelike dele vanaf ongeveer 30 September, wanneer bewolkte toestande met reën kan heers. Minimum temperature tot so laag as 2°C met ligte ryp is moontlik oor die noordwestelike dele van die Oos-Kaap in plekke soos Barkly-Oos en Aliwal-Noord rondom 4 tot 6 Oktober,” sê Van den Berg.

Hael

Wat die voorkoms van hael in die komende seisoen betref, sê Van den Berg hoewel dit moeilik is om hael op lang termyn te voorspel, kom dit gewoonlik vroeër in die seisoen voor omdat die bolug nog baie koud is ná die winter, terwyl tropiese vog oor die land begin beweeg en die twee komponente wat nodig is vir hael – naamlik koue bolugtoestande en water – bymekaar bring.

Van den Berg sê baie sterk winde en stowwerige toestande is gunstig vir die ontwikkeling van waterdruppels en yskerne vir hael.

Hael het ook begin voorkom met die eerste reën wat oor die Vrystaat geval het oor die naweek van 19 en 20 September, wat ’n voorloper kan wees vir die seisoen wat voorlê. “Die toets gaan wees of daar saam met die verwagte eerste somerreën vanaf 29 September ook baie hael gaan voorkom. Daar is ’n groot risiko vir stormagtige toestande die seisoen, wat die voorkoms van hael kan insluit,” sê Van den Berg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
-0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
You, Me and Memories
Ek is n rustige mens, nie tyd meer vir dramas nie. Lewe het my n paar houe gegee, maar is nogsteeds hier. Ou cliche hou van kamp en visvang. Is genaklik in die kombuis. Indoor...
JMJenny
Ek is n diereliefhebber. Baie uitgaande en ook baie gemaklik. Ontsettend positief. Iemand met n negatiewe houding moet my asb nie nader nie. Ontsettend lojaal
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot