AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Swaar reën oor somerreënstreek tot volgende week moontlik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Stormwolke in die distrik Winburg. Foto: Thys du Plessis
Stormwolke in die distrik Winburg. Foto: Thys du Plessis
Die kans op 50 mm reën of meer bly hoog oor die sentrale tot noordoostelike dele van Suid-Afrika tot volgende week.

Reënval van 50 mm en meer kan tot 18 Januarie oor die oostelike dele van die Noord-Kaap, Noordwes, die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die noordelike dele van die Oos-Kaap en die suidelike dele van Limpopo voorkom, sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige. “Die huidige neiging is dat baie sterk ontwikkelde laagdrukstelsels ontwikkel wat swaar reën en hael oor kleiner gebiede tot gevolg het.”

Die kans is ook goed dat 20 mm tot 50mm oor groot dele van Namibië kan voorkom tot 20 Januarie, en selfs later in Januarie oor die noordelike dele van dié buurland.

Die verwagte reën veroorsaak dat die risiko vir oorstromings langs die Vaal- en Oranjerivier baie hoog bly. “As swaar reën oor redelike groot gebiede van die Vaal- en Gariepdam se opvanggebied gaan voorkom, kan dit die watervlakke vinnig laat styg,” aldus Van den Berg.

Swaar reën oor die distrikte Kakamas en Kanoneiland die afgelope naweek het skade veroorsaak aan tafeldruiwe en rosyne wat tans daar geoes word.

Meer as 100 mm reën wat slegs binne ure geval het, het verlede week ook groot skade aangerig in die Noordwes-Vrystaat.

Hittegolf

Intussen gaan ’n hoogdrukstelsel weerstoestande vanaf die suidweste oorheers, wat ongunstige toestande vir reën oor veral die Suidwes-Kaap gaan veroorsaak. “Temperature van 35 °C tot 42 °C kan voorkom tot in die eerste week van Februarie oor veral die binneland van die Wes-Kaap soos Ceres, Paarl, Worcester, Robertson en tot soos ver as Grabouw.”

Van den Berg sê koeler weer gaan wel oor die Suid-Kaap en Tuinroete voorkom, met ’n moontlikheid van ligte reën later in Januarie.

Hoogdrukstelsel

“Weermodelle dui aan dat ’n hoogdrukstelsel oor die noordoostelike dele van Suid-Afrika gaan ontwikkel in die laaste week van Januarie tot die eerste deel van Februarie, wat gevolglik gaan lei tot minder reën oor die sentrale tot noordoostelike dele soos die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal.”

Van den Berg sê ’n tropiese laagdrukstelsel gaan later vandeesmaand in die omgewing van die Mosambiekkanaal ontwikkel, met gevolglike swaar reën oor Mosambiek en suidooswaarts oor Madagaskar. Dié stelsel sal bydra tot minder reën oor Suider-Afrika, hoewel meer reën oor Zambië, die noordelike dele van Zimbabwe en die hele Mosambiek in die laaste deel van Januarie en die eerste deel van Februarie moontlik gaan wees. “Die laagdrukstelsel is tans nie sterk genoeg om as ’n sikloon geklassifiseer te kan word nie, maar wel sterk genoeg om baie reën noord van Suid-Afrika te veroorsaak.”

Nog reën later die seisoen

Die La Niña-verskynsel is nog sterk gevestig, en dit bly nog baie gunstig vir verdere reën later in die somer. Verdere reën is veral vanaf die tweede deel van Februarie moontlik. Die verwagting is dat daar in Maart en April baie reën oor die sentrale tot westelike dele gaan voorkom en minder reën oor die oostelike dele van die land. Reën word dan ook oor die droë dele van die Noord- en Oos-Kaap verwag.

Van den Berg sê goeie neerslae oor groot gedeeltes van die Oos-Kaap en dele van die Klein-Karoo het tot gevolg dat veld herstel in distrikte soos Willowmore, Aberdeen, Graaff-Reinet en Middelburg. Opvolgreën is egter steeds baie nodig in die Noord-Kaap, die aangrensende dele van die Wes-Kaap en in die Oos-Kaap. Damvlakke in die Oos-Kaap is oor die algemeen kritiek laag.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.97
-0.7%
Rand - Pond
19.54
-0.6%
Rand - Euro
17.45
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.63
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,649.48
-0.6%
Silwer
18.67
-1.2%
Palladium
2,192.39
+1.9%
Platinum
867.26
+0.1%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
57,326
-0.2%
Alle aandele
63,705
-0.2%
Hulpbronne 10
59,782
+3.3%
Industriële 25
77,581
-1.2%
Finansiële 15
13,820
-2.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Hang jou drome in die wind, sodat hulle kan leer vlieg.
My persoonlikheid is baie aanloklik Baie vriendelik en baie reguit. Hou glad nie van brand kosse nie. Hou baie van pastas asook hou van geleentheids avontuure. Buitelig mens My...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot