AFGRI
BEAN
05 Jun
-
8540
35,00
CORN
05 Jun
-
4137
104,00
SOYA
05 Jun
-
7760
41,00
SUNS
05 Jun
-
8341
41,00
WEAT
05 Jun
-
6560,2
-13,80
WMAZ
05 Jun
-
3725
30,00
YMAZ
05 Jun
-
3855
42,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Swaar reën, oorstromings van Sondag af moontlik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Reën langs die Weskus in 2021. Foto: Peter Pentz
Reën langs die Weskus in 2021. Foto: Peter Pentz
’n Afsnylaagdrukstelsel of meer as een weerstelsel kan volgende week ontwikkel en swaar reën en moontlik oorstromings na die weste en suidweste van Suid-Afrika bring.

Baie sterk laagdrukstelsels of sogenoemde afsnylaagdrukstelsels, wat wes van Suid-Afrika ontwikkel en swaar neerslae plek-plek veroorsaak het, het die afgelope jaar gereeld voorgekom.

“ ’n Afsnylaagdrukstelsel ontstaan wanneer ’n gebied van laagdruk verwyder of afgesny word van die groter of hoof- atmosferiese sirkulasie. Dit is dan nie onderhewig aan die normale westewind-sirkulasie nie. Dit kan op een plek bly draai of in enige rigting beweeg tot daar iets gebeur wat dit weer in die hoofsirkulasiepatroon laat opneem,” verduidelik Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.   

Weermodelle het Vrydag aangedui dat ’n afsnylaagdrukstelsel of meer as een stelsel kan ontwikkel van Sondag (28 Mei) af oor die weste en suidweste van Suid-Afrika en aangrensende Atlantiese Oseaan kan ontwikkel.

Reën, sneeu en koue

“Dit is baie moeilik om die beweging van die stelsel te voorspel, maar dit kan veral oor die Wes-Kaap, die Weskus en die aangrensende binneland van Sondag (aand) tot Vrydag (28 Mei tot 2 Junie) plek-plek swaar reën veroorsaak.” Van den Berg sê weerstelsels het Vrydag aangedui dat neerslae 30 mm of meer kan wees oor die Wynland, die Kaapse Metropool, asook die Overberg en die Suidkus.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku ook vir swaar neerslae van Sondag af en sê verspreide buie en donderbuie kan Sondag oor die Vrystaat, Lesotho, die Noord- en Oos-Kaap voorkom, wat Maandag kan versprei na die Wes-Kaap. "Swaar reën kan Maandagmiddag oor dele van die Wynland en die Overberg ontwikkel (in die vorm van donderbuie), wat die potensiaal het om oorstromings te veroorsaak," lui 'n verklaring deur die weerdiens. Stormsterk winde word ook Maandag teen die Wes-Kaap se kus, van Saldanhabaai na Plettenbergbaai, verwag.

Volgens Van den Berg kan ligter neerslae van 10-20 mm ook voorkom oor die Weskus en aangrensende binneland, soos Vredendal, Springbok, Sutherland, Calvinia en Clanwilliam. Neerslae van 20 mm of meer kan voorkom oor die Oos-Kaap op Jansenville, Gqeberha, Humansdorp, Joubertina en Kareedouw in die Langkloof. “Laasgenoemde plekke is in die belangrike opvanggebied van die Kougadam wat water voorsien aan die Gamtoosvallei se besproeingsboere asook die Nelson Mandela Metropool. Met die reën van die afgelope paar weke wat kleiner damme redelik aangevul het, kan enige reën nou veroorsaak dat water verder na die Kougadam vloei,” sê Van den Berg.

Die Kougadam was Vrydag (26 Mei) ongeveer 20% vol teenoor ongeveer 13% die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Reën van 20 mm of meer is moontlik oor die binneland en noordelike deel van die Oos-Kaap, soos Barkly-Oos, Graaff-Reinet, Aliwal-Noord en die aangrensende dele van die Noord-Kaap, soos De Aar.

Na verwagting gaan nie meer nie as 10 mm oor die res van Suid-Afrika val, wat insluit die Vrystaat, die noordelike deel van die Noord-Kaap, Gauteng, Limpopo, KwaZulu-Natal en Mpumalanga.

Veeboere gewaarsku

Baie koue en bewolkte en winderige toestande word ook verwag wat die aanvoelbare temperatuur kan verlaag en gevaarlike toestande skep vir veeboere in veral die Oos-Kaap, Wes-Kaap en aangrensende deel van die Noord-Kaap. “Baie koue en nat toestande wat gevaarlik kan wees vir kleinveeboere in die suidelike en oostelike deel van die land kan van 29 Mei tot in die eerste week van Junie voorkom,” sê Van den Berg.

“Daar is die moontlikheid van sneeu op die hooggeleë dele van die Oos-Kaap, asook die suidelike en oostelike deel van die Drakensberge en Lesotho.”

Die weerdiens maan lede van die publiek om die nuus dop te hou vir enige verdere inligting oor die ontwikkeling van die stelsels.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.27
+1.2%
Rand - Pond
23.97
+1.4%
Rand - Euro
20.65
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.76
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
1,030.46
+2.5%
Palladium
1,413.51
-1.6%
Goud
1,962.10
+0.7%
Silwer
23.58
-0.2%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,422
-0.8%
Alle aandele
76,603
-0.7%
Hulpbronne 10
69,348
-1.4%
Industriële 25
103,842
-1.2%
Finansiële 15
14,979
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom kyk saam met my die sonsondergang oor die see.
Ek dink nie ek is n slegte ou nie en kan n goeie vriend wees aan iemand. Ek hou nie van valse mense nie. Wanneer my kop bietjie besoedel is spring ek op my motorfiets en dit...
Wonderwerke vir Liefde....
Leer my ken om uit te vind. daar is baie! Ek hou van te veel dinge, die natuur en nuwe uitdagings. Stap in die berge, kamp onder die sterre. n motorfiets - en laat slaap is ook...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot